Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsingsprojek oorbrug behandelingsgaping vir kinders met MDR-TB
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 24/03/2020

“Op Wêreld TB-dag en tydens Wêreld TB-maand fokus die globale gemeenskap gevoeglik op die vinnig-ontwikkelende wêreldwye COVID-19-pandemie. Die versorging van kwesbare gesinne en kinders wat geraak word deur tuberkulose, asook MDR-TB, moet egter nie afgeskeep word tydens hierdie kritiese tydperk nie."

Dit is die boodskap van professor Anneke Hesseling, Direkteur van die Desmond Tutu TB-sentrum (DTTS) by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Die universiteit lei ʼn groot nuwe projek, ter waarde van R280 miljoen (US$18.9 miljoen), wat kinder-vriendelike behandelings en voorkomende terapieë teen middelweerstandige tuberkulose (MDR-TB) ontwikkel. Behandelingsregimens vir kinders is tans lank, ingewikkeld, toksies en word nie goed verdra nie. ʼn Tekort aan hoë-gehalte bewyse beperk die toegang tot bitter nodige behandelings wat sal keer dat meeste van hierdie kinders TB ontwikkel.

“Tot dusver is kinders grootliks afgeskeep in die globale respons tot MDR-TB en hulle verdien beter," het die projekleier, professor Anthony Garcia-Prats van die Universiteit van Wisconsin Madison en die DTTS gesê.

Werk het alreeds begin op BENEFIT Kids – wat staan vir Better Evidence and Formulations for Improved MDR-TB Treatment for Children. Hierdie veelsydige navorsingsprojek is ontwerp om kritiese gapings in die navorsing aan te spreek, asook om die tekort aan kinder-vriendelike formulerings om die behandeling van MDR-TB in kinders te verbeter. Hierdie projek is moontlik gemaak deur ondersteuning en befondsing van Unitaid, ʼn internasionale organisasie wat belê in innoverende projekte om sodoende siektes, insluitende MIV/Vigs, hepatitis C, tuberkulose en malaria vinniger, meer effektief en meer bekostigbaar te behandel.

“Die doelwit van hierdie ambisieuse projek is om by te dra tot die algehele verlaging in morbiditeit en sterftes van kinders met MDR-TB deur beter toegang tot voorkoming- en behandelingsmetodes van MDR-TB. Om dit te bereik sal ons tussen 2019 en 2022 vyf kliniese proewe doen vir die behandeling en voorkoming van MDR-TB en twee sistemiese oorsigte oor bewyse vir die behandeling van MDR-TB," het Hesseling gesê. Sy is die medeleier op die projek. “Ons sal ook met strategiese vennote oor die wêreld werk met unieke bevoegdhede, insluitende die TB Alliance, om meer kinder-vriendelike medisyne te ontwikkel vir kinders wat geraak word deur MDR-TB."

Nuwe bewyse wat deur hierdie projek aan die lig kom sal spoedig met die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander belanghebbendes gedeel word om die riglyne vir die dosering en behandeling van kinders in te lig.

BENEFIT Kids projek beoog om die volgende te bereik doen:

  • Die versterking van navorsingsbewyse oor optimale dosering, veiligheid, doeltreffendheid, aanvaarbaarheid en koste van die medikasie vir die behandeling en voorkoming van MDR-TB in kinders, wat 'n baie belangrike stap is in die proses van die skep van beleide wat 'n impak sal hê op kliniese sorg.
  • Die ontwikkeling van kinder-vriendelike formulerings vir MDR-TB behandeling en voorkomende terapieë wat beter smaak, wat die gepaste sterkte het, en wat ook gegee kan word aan jong kinders wat nie tablette kan sluk nie.
  • Die mark te berei op hierdie beter formulerings vir kinders.

"Die ontwikkeling van kinder-vriendelike formuleringe vir MDR-TB en die bereiding van markte vir hierdie nuwe middels is Unitaid se doelwit," het dr Philippe Duneton, Unitaid se uitvoerende direkteur gesê. “Die Unitaid-befondsde BENEFIT Kids projek poog om hierdie doel te bewaarheid en so aan die behoeftes van duisende onderbediende kinders te voorsien."

Die BENEFIT Kids-projek word in drie lande geïmplementeer: Suid-Afrika, Indië en die Filippyne. Stellenbosch Universiteit sal met verskeie sleutelvennote saamwerk, insluitende die TB Alliance, die Universiteit van Kalifornië in San Francisco, die Johns Hopkins Universiteit, De La Salle Universiteit se Mediese Sentrum in die Filippyne, BJ Mediese Kollege in Indië, Uppsala Universiteit in Swede en die Chiang Mai Universiteit in Thailand.

 

CLICK HERE TO WATCH: Video about BENEFIT Kids