Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die behandeling van TB tydens swangerskap
Outeur: Michelle Rotchford-Galloway
Gepubliseer: 20/09/2018

​Die doel van die studie wat prof Gerhard Theron tydens die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se Adademiese Jaardag aangebied het was om die veiligste maniere te vind om TB in swanger en borsvoedende vroue te verhoed.

“Daar is 'n gebrek aan data oor die gebruik van isoniasied voorkomende behandeling (IVB) gedurende swangerskap. Swanger vroue is uitgesluit van vorige verewekansigde gekontroleerde proewe. Die resultate van die studie wat aangebied is, is besonder belangrik, want ons moet weet hoe om IVB reg te gebruik tydens swangerskap en terwyl vroue borsvoed. Hierdie resultate sal ook ter inligting dien vir die Wêreldgesondheidsorganisasie en hulle help om riglyne daar te stel," het Theron gesê tydens sy aanbieding getiteld "Verewekansigde proef oor die veiligheid van isoniasied voorkomende behandeling tydens of na swangerskap". Theron is van die FGGW se Departement Verloskunde en Ginekologie.

Die studie het deel uitgemaak van die International Maternal Paediatric Adolescent AIDS Clinical Trials (IMPAACT) Network P1078 se fase IV. Hierdie multi-sentrum proewe is gedoen op 13 verskillende plekke in agt lande, waarvan drie in Suid-Afrika was, en het 956 swanger vroue met MIV betrek. The studie het die veiligheid geëvalueer van onmiddellike teenoor uitgestelde IVB onder MIV-positiewe vroue in gebiede met 'n hoë voorkoms van TB. IVB word aanbeveel om aktiewe TB te verhoed. 

Die vrouens is ewekansig gekies om óf 28 weke van IVB tydens swangerskap te onvang (onmiddellik), óf 12 weke na hulle geboorte geskenk het (uitgestel).

Daar was 'n lae voorkoms van TB onder beide die uitgestelde en die onmiddellike groepe. Die resultate het egter gewys dat daar 'n statisties beduidende verskil was in swak swangerskap-uitkomste tussen ma-baba pare wat ewekansig gekies is om IVB-behandeling tydens swangerskap te onvang, en diegene wat eers na die bevalling behandel is, aangesien daar 'n beduidende aantal swak uitkomste was onder diegene wat die terapie tydens swangerskap ontvang het. 

Die studie het dus daarop gedui dat dit dalk raadsaam kan wees om IVB tot na die bevalling uit te stel. Gebaseer op hierdie resultate, het die navorsers tot die slotsom gekom dat die aanbeveling van die Wêreldgesondheidsorganisasie om IVB tydens swangerskap in MIV-positiewe vrouens op antiretrovirale terapie te inisieer, dalk in heroorweging geneem moet word.