Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Statistiese Profiel

​​​

Oorsig 2018


In 2018 was 31 765 studente in totaal by die Universiteit Stellenbosch (US) ingeskryf op die US se amptelike jaarlikse sensusdatum (Junie 2018). Van hierdie totaal was 63.5% (20 168) van die studente ingeskryf in voorgraadse programme, 33.1% (10 506) in nagraadse programme and 3.4% (1 091) as geleentheid­studente (nie-graaddoeleindes).

In 2018 was 58.1% van die ingeskrewe studente wit, 20.1% swart Afrikaan, 18.1% bruin, 3.1% Indiërs en 0.2% Asiërs. In terme van huistaal, het 47.8% Engels, 37.8% Afrikaans, en 10.3% 'n ander amptelike Suid-Afrikaanse taal as huistaal aangedui, met 4.1% 'n internasionale taal.

Einde Junie 2018 was die permanente en vas aangestelde personeelkorps 3 454, bestaande uit 1 091 akademiese personeellede (dosente) en 2 363 nie-akademiese personeellede. 

Verwys na die meegaande tabelle en figure vir meer volledige inligting.  


Vir navrae of kommentaar kontak Albè van Niekerk​ op 021 808 3967 of​ albe@sun.ac.za.