Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Lewer kommentaar oor die Konsepbeleid vir Visuele Regstelling ​ ​

​​​​Belanghebbers word uitgenooi om kommentaar te lewer oor die Universiteit Stellenbosch se Konsepbeleid vir Visuele Regstelling voordat ‘n finale weergawe die interne goedkeuringsproses vir institusionele beleide sal volg. Die interne kampus-konsultasie met fakulteitsrade het reed begin. Die openbare-deelnameproses loop van 2 Augustus tot 2 September 2019. 

Geskrewe kommentaar, formele voorleggings en navrae kan gestuur word na visualredress@sun.ac.za  voor 16:00 op Maandag 2 September 2019. Alle insette sal oorweeg word, en verdere konsep-weergawes sal van Augustus tot November by die verskillende statutêre liggame ter tafel gelê word. Die finale Konsepbeleid oor Visuele Regstelling sal by die laaste Raadsvergadering op 2 Desember 2019 voorgelê word vir goedkeuring.  

Klik hier vir die Konsepbeleid vir Visuele Regstelling 

Lees meer oor Transformasie by die Universiteit Stellenbosch (die Afrikaanse webblad is onder konstruksie). ​

Lees meer oor Visuele Regstelling by die Universiteit Stellenbosch (die Afrikaanse webblad is onder konstruksie).

Die Kring artwork on the Rooiplein.jpg