Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Inligting vir navorsers

Verslag: Universiteit Stellenbosch se Navorsing- en Innovasie-reaksie op die COVID-19-pandemie

Deur voortgesette beleggings in navorsing het die Universiteit Stellenbosch (US) homself goed geposisioneer om op gebeure soos die COVID-19-pandemie te reageer.

Beide gevestigde en ontluikende navorsers van die US het sover ’n waardevolle bydrae gelewer om die uitdagings wat ons land tans in die gesig staar, aan te spreek. Hulle werk onvermoeid om die gesondheidsverwante behoeftes aan te spreek en om die verspreiding van die virus te bekamp.

Sommiges het maniere ondersoek om sterilisasie in die voedsel- en drankbedrywe asook in die geneeskunde te verbeter; om respiratoriese virusinfeksies wat met openbare vervoer verband hou, te verminder; en om modelle te onwikkel om die verspreiding van COVID-19 in Afrikalande te evalueer. Ander het brood in handreiniger omskep; 3D-ventilatoronderdele en beskermende toerusting vir gesondheidwerkers uitgedruk; en het as vrywilligers by die CrowdFight COVID-19-inisiatief in Suid-Afrika aangemeld. Van ons akademici skryf ook meningsartikels oor onderwerpe wat met die COVID-19-pandemie verband hou.

Vir meer inligting oor die COVID-19-navorsingsaktiwiteite, klik hier om ’n verslag oor die US se navorsings- en innovasiereaksie op die COVID-19-pandemie af te laai.

Sosiale, Gedrags- en Opvoedkundige Navorsing (NEK: SGO) Skrywe: Navorsingsriglyne tydens vlak 1 van die COVID-19-pandemie en verder Navorsingsriglyne tydens die COVID-19-pandemie: Vlak 1 en laer Verklaring oor navorsingsposisie: Opdatering oor vorige kommunikasie met die oog op die nasionale toesluitregulasies Posisieverklaring: Etiese ondersoek in die tyd van die COVID-19-uitbraakSosiale, gedrags- en opvoedkundige navorsing: Standpuntstelling oor verantwoordelike navorsingsgedrag tydens COVID-19Posisieverklaring: Bioveiligheid in die tyd van die COVID-19-pandemie