Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mediakantoor se 'Sewe voordele van media-interaksie'-werkswinkel

'n Informele en interaktiewe werkswinkel oor hoe om met die media te skakel, is beskikbaar vir akademiese departemente. Die “Sewe voordele van skakeling met die media"-werkswinkel word deur die Mediakantoor in Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking aangebied.

“Sewe voordele van interaksie met die media word uitgelig, terwyl sewe maniere hoe die Mediakantoor departemente hierin ondersteun, word ook uiteengesit," verduidelik Martin Viljoen, Bestuurder: Media.

“Die werkswinkel kan aangepas word by die behoeftes van die spesifieke departement om byvoorbeeld 'n groter komponent wetenskapskommunikasie of die gebruik van sosiale media by te werk. Tipies duur die werkswinkel nie langer as 'n uur nie en kan oor byvoorbeeld die etensuur aangebied word."

Volgens Viljoen het navorsing getoon dat 'n goeie mediaprofiel verskeie voordele vir navorsers inhou. “Een hiervan is dat 'n persoon se navorsingsprofiel juis gebou word via groter interaksie met die media. Dit is allesbehalwe 'n lastigheid!"

Aan die hand van praktiese voorbeelde van artikels, waarin US-personeel aangeh aal word, asook via radio- en TV-insetsels, word 'n prentjie van die medialandskap geskets en 'n dinamiese uiteensetting gegee van hoe kollegas die media kan inspan om groter blootstelling te genereer. In die proses word 'n vrees vir die media mee weggedoen.

  • Skakel met Martin Viljoen by 021 808 4921 of viljoenm@sun.ac.za om 'n werkswinkel in jou departement, afdeling of eenheid te organiseer.