Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging na Eenheid vir Gelykwaardigheid werkswinkel

​Die Eenheid vir Gelykwaardigheid bied graag ‘n geleentheid aan 50 personeellede om 'n werkswinkel oor die temas, dienste, protokolle en beleide van die Eenheid by te woon.

Die werkswinkel sal 'n inleiding tot temas van sosiale geregtigheid en die Eenheid vir Gelykwaardigheid se dienste aan US-personeel en studente verskaf en n beter verstaan van onbillike diskriminasie, werksplek afknouery, GBV, seksuele teistering, gender en seksualiteite bied. Aandag sal ook geskenk word aan watter sake geskik is en hoe om sake na die Eenheid te verwys.

Na die werkswinkel sal deelnemers definisies van onbillike diskriminasie, afknouery, seksuele teistering, viktimisasie en GBV verstaan en weet hoe om toepaslik te reageer, gevalle korrek te evalueer en aan te meld en om personeel en studente wie deur onbillike diskriminasie, GBV en ander geregtigheid en transformasie temas geraak word, te ondersteun.

Datum: 14 Desember 2022
Tyd: 08:30 – 16:00
Plek: STIAS Wallenberg-sentrum, Stellenbosch

Enige permanente US-personeellede is welkom om aansoek te doen om die werkswinkel by te woon, maar spasie is ongelukkig beperk tot 50. Indien jy belangstel om meer te wete te kom en beskikbaar is vir die volle dag op 14 Desember 2022, stuur asseblief 'n e-pos aan Michelle Munro by michellem@sun.ac.za voor 7 Desember 2022. Ons sal reageer met registrasieprosesse, program en verdere inligting.