Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mediakantoor se 'Sewe voordele van media-interaksie'-werkswinkel

Akademiese departemente word weer vriendelik uitgenooi om die Mediakantoor in die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking se gewilde mediawerkswinkel in departemente te laat aanbied.  

“Die werkswinkel is 'n informele en interaktiewe gesprek waarin sewe voordele van interaksie met die media uitgelig word, tesame met sewe maniere hoe die Mediakantoor departemente hierin ondersteun," verduidelik Martin Viljoen, Bestuu​rder: Media.

“Die werkswinkel kan aangepas word by die behoeftes van die spesifieke departement om byvoorbeeld 'n groter komponent wetenskapskommunikasie of die gebruik van sosiale media by te werk. Tipies duur die werkswinkel nie langer as 'n uur nie."

Volgens Viljoen het navorsing getoon dat 'n goeie mediaprofiel verskeie voordele vir navorsers inhou. “Een hiervan is dat 'n persoon se navorsingsprofiel juis gebou word via groter interaksie met die media. Dit is allesbehalwe 'n lastigheid!"

Aan die hand van praktiese voorbeelde van artikels, waarin US-personeel aangeh​aal word, asook via radio- en TV-insetsels, word 'n prentjie van die medialandskap geskets en 'n dinamiese uiteensetting gegee van hoe kollegas die media kan inspan om groter blootstelling te genereer. In die proses word 'n vrees vir die media mee weggedoen.

  • Skakel met Martin Viljoen by 021 808 4921 of viljoenm@sun.ac.za om 'n werkswinkel in jou departement, afdeling of eenheid te organiseer. 

​