Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mediakantoor bied weer gewilde mediawerkswinkels aan

Die Mediakantoor in die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie bied weer vanjaar sy gewilde en gratis etensuur mediawerkswinkel vir departmente en ander entiteite aan.

“Die werkswinkel, wat by die departement of entiteit gehou word, is 'n informele, uur lange gesprek waarin sewe voordele van beskikbaarheid vir die media uitgelig word tesame met sewe maniere hoe die Mediakantoor departemente hierin kan ondersteun," sê mnr Martin Viljoen, Bestuurder: Media. “Die werkswinkel kan aangepas word by die behoeftes van die spesifieke departement om byvoorbeeld 'n groter komponent wetenskapskommunikasie of die gebruik van sosiale media, by te werk."

Volgens Viljoen het navorsing het aangetoon dat 'n goeie mediaprofiel goeie navorsing in die hand werk. “Aan die hand van artikels deur US-personeel of waarin personeel as kundiges ingespan word, asook radio en TV-insetsels, word 'n prentjie van die medialandskap geskets en 'n kort uiteensetting gegee van hoe personeel die media kan inspan om groter blootstelling te genereer."

  • Skakel met Martin Viljoen by 021 808 4921 of media@sun.ac.za vir meer inligting of om 'n werkswinkel by 'n departement of ander entiteit vas te maak.