Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MASABELANE NGESIXHOSA – Nuwe inleidende isiXhosaverwerwingskursus vir personeel

Die Taalsentrum stel graag sy nuwe kortkursus in isiXhosataal en -kultuur vir US-personeellede bekend. Dit is ’n ses weke lange kursus (twee etensuursessies van 50 minute elk per week). Die doel van die kursus is om nie-isiXhosasprekendes aan die isiXhosataal en -kultuur bekend te stel. Dit beoog om personeellede te bemagtig deur hulle meertaligheidsvaardighede te ontwikkel en nie-isiXhosasprekendes in staat te stel om op beginnersvlak sinvolle gesprekke te voer.

Studente sal na afloop van die kursus ’n basiese isiXhosawoordeskat kan gebruik om in verskeie omgewings sosiaal te kommunikeer.

REGISTRASIE 2018

Datum: 14 Augustus - 29 September 2018

Tyd: 12:50 - 13:50

Ons hou die klasse klein om individuele aandag te verseker. Vir meer inligting oor registrasie en hoe om aansoek te doen, tree gerus in verbinding met:

Fredelene Nefdt by fvelders@sun.ac.za

Tel 021 808 2905