Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tyd, soepelheid belangrik vir gesonde, regverdige en gebalanseerde werkslewe
Outeur: Mark Smith
Gepubliseer: 04/05/2023

Internasionale Werkersdag is op 1 Mei gevier. In ʼn meningsartikel vir Business Day skryf prof Mark Smith, Direkteur van die Stellenbosch Bestuurskool, hoe kwessies soos tyd en soepelheid belangrik is vir ʼn gesonde, regverdige en gebalanseerde werkslewe.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

​Mark Smith*

Anders as sy posisie met betrekking tot die Internasionale Strafhof (ICC), plaas Suid-Afrika se vieringe van Internasionale Werksdag of Arbeidsdag hom stewig in die geledere van die res van die internasionale gemeenskap wat hierdie vakansiedag op 1 Mei vier. Dit word inderdaad in meer as 150 lande – gewoonlik as 'n openbare vakansiedag – gevier, saam met daardie lande wat dit op die eerste Maandag in Mei vier.

Die betekenis van hierdie dag word moontlik onderstreep deur die feit dat daar geen ander nie-godsdienste openbare vakansiedag is wat in só baie lande gevier word nie. En hoewel die oorsprong van die dag teruggaan na die stryd om werkersregte in die negentiende eeu, bly dit nietemin belangrik vir die uitdagings wat werkgewers en werkers in die moderne Suid-Afrika en elders in die gesig staar.

Internasionale Werkersdag herdenk vorige stryde en oorwinnings vir menseregte wêreldwyd. Dit strek sover terug as 'n arbeidsgeskil in die middel-1850's in Oostenryk en het deur die loop van die volgende eeu 'n samekoms vir werkers se regte geword, 'n dag van betogings in baie lande, 'n betekenisvolle dag in die geskiedenis van kommunisme, en dikwels ook 'n openbare vakansiedag.  Die buitengewone posisie van die Verenigde State en Kanada draai om die assosiasie met werkersmag en die kommunistiese tradisies daarvan en het daartoe gelei dat die VSA aan die begin van die vorige eeu Arbeidsdag na die eerste Maandag in September verskuif het.

Tyd is die kern van Internasionale Werkersdag. Die oorsprong van die vieringe herdenk 1 Mei 1856 toe Oostenrykse masjienwerkers begin staak het ten gunste van 'n agt-uur werksdag. Sedertdien het groot stryde wat met 1 Mei verbind word, eise vir verminderde werksure in Frankryk, die Verenigde State, Nederland en elders behels. Die sogenaamde Haymarket Affair op 1 Mei 1886 in die VSA was inderdaad 'n bloedige dispuut oor die vermindering van werkstyd na agt ure per dag.

Die feit dat Internasionale Werkersdag op konflik gegrond is, is waarskynlik geen verrassing nie. Die belange van werkers en werkgewers stem selfs in die harmonieusste organisasies nie altyd ooreen nie. Die werksplek is 'n omstrede ruimte vir regte, verantwoordelikhede en pligte van albei partye. Verder bly die kwessie van tyd onopgelos en sal dit so bly.

Tye is steeds aan die verander. Die Covid-19-pandemie het gevestigde werkswyses uitgedaag oor waar werknemers werk, hoe lank hulle werk en hou outonoom hulle werk. Dit, tesame met die eise van ouers en jonger geslagte wat 'n mate van balans tussen werk en persoonlike tyd wil hê en verwag, het die kwessie van tyd weer eens, net soos in die 1860's, na die voorgrond laat tree

Wat nou egter anders is, is dat baie werknemers nie weens massastakings en betogings op werknemers se eise moet reageer nie, maar eerder uit erkenning vir die behoefte om werkers se welstand, die uitdagings om talent arbeidsmarkte ná Covid-19 te behou en die feit dat werkers met hulle voete stem wanneer werkgewers slegs tradisionele werkspatrone bied. Verder, en in ooreenstemming met die tema van 1 Mei, is daar nou vir talle werknemers internasionale opsies ten opsigte van die talentverlies en die geleentheid om wêreldwyd en van enige plek af vir maatskappye te werk.  

Ten slotte …

Internasionale Werkersdag herinner ons daaraan dat die betwiste aard van tyd by die werk en buite die werk in die 2020's nog net so relevant is as in die 1850's. Werkgewers wêreldwyd staar die uitdagings van vaardigheidstekorte op alle vlakke in die gesig. Hoewel sommige werkers die aanvraag vir hulle talente kan gebruik om ideale werksomstandighede te beding, kom ander voor opsies te staan wat nie aan hulle behoeftes voldoen nie, wat tot lae betrokkenheid, swak welstand en uiteindelik tot 'n onvolhoubare situasie lei. Innovasies soos die vierdag-werkweek toon dat sommige maatskappy gewillig is om innoverend te wees om aan die voorpunt van verandering te staan, maar die tydige herinnering van Internasionale Werkersdag is steeds nodig om ons daaraan te herinner dat tyd die grondslag vir 'n gesonde, regverdige en gebalanseerde werkslewe is.

  • Klik hier om die res van die artikel soos geplaas te lees.

*Prof Mark Smith is die direkteur van die Stellenbosch Bestuurskool.