Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AccessEd ZA Programme 2022: Universiteit Stellenbosch Gradeplegtigheid op Kampus
Outeur: Nicola Vermooten
Gepubliseer: 13/12/2022

AccessEd mobiliseer maatskaplike entrepreneurs en opvoedkundige leiers om ʼn suksesvolle programmodel vir universiteitstoegang – die akademici-program – in lande met die grootste opvoedkundige ongelykheid te ontplooi. Sedert die bekendstelling daarvan het AccessEd nege programme regoor die wêreld geïnkubeer, waaronder die “AccessEd ZA Programme" in Suid-Afrika.

 

Die AccessEd ZA Programme beïnvloed reeds sedert 2017 die opvoedkundige reis van leerders uit onderbediende gemeenskappe in die Wes-Kaap en Gauteng.

 

In 2022 het die program 316 jong mense landwyd bereik. Meer as 85 leerders uit Kayamandi, Khayelitsha en Nyanga het by die tutor- en mentorskap van doktorale navorsers aan die Universiteit Stellenbosch gebaat.

 

Die 12-weke-program is op 14 November 2022 afgesluit met ʼn vooraanstaande op-kampus gradeplegtigheid by die Universiteit Stellenbosch. Die Direkteur: Sosiale Impak, Ernestine Meyer-Adams, het leerders van die Ikamva jeug- en erfenisgemeenskapsontwikkelingprojek as deel van die gradeplegtigheid, wat in die historiese Lückhoff-gebou plaasgevind het, toegespreek. Die seremonie is gevolg deur ʼn kampustoer onder leiding van die tutors.