Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNFin vier nuwe mylpale
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 17/11/2022

​Die SUNFin-projekspan het onlangs nuwe mylpale gevier nadat hulle onvermoeid gewerk het om die finansiële besigheidsprosesse in Oracle Cloud Financials (OCF) te karteer om aan die Universiteit Stellenbosch se vereistes en aan OCF se wêreldwye beste praktyk te voldoen.

Die span het ook die opleidingsgidse binne die Oracle Guided Learning (OGL)-sagteware ingevul om in lyn te wees met die gekarteerde besigheidsprosesse. Die span sal OGL gebruik om die eindgebruikers van die nuwe SUNFin-oplossing op te lei en te ondersteun.

“Ek is baie trots op die SUNFin-projekspanlede wat hierdie mylpale bereik het. Ek weet hoe hard die hele span gewerk het om die sperdatums na te kom terwyl hulle hul normale pligte voortgesit het om die nodige finansiële ondersteuning aan die universiteit te verskaf," sê hoofdirekteur finansies en SUNFin-projekeienaar, Manie Lombard.

Die IT-integrasiespan het nou saamgewerk met die finansies-vakkundiges (SME's) om verskeie integrasie-oplossings te ontwikkel om te verseker dat die vereiste US-randstelsels, soos Planon, FKT en die voertuigvlootstelsel, in staat sal wees om met die OCF-toepassing “te gesels" wanneer SUNFin in werking tree.

Denisha Jairam-Owthar, Hoofdirekteur IT, glo dat IT en besigheid nou saam as 'n span moet saamwerk om IT-oplossings te ontwikkel wat aan die behoeftes van die Universiteit voldoen. "Hoe die IT-integrasiespan 'n ratse manier gebruik het om saam met die Finansiële span aan die SUNFin-projek te werk, het die maatstaf vir toekomstige projekte by die Universiteit Stellenbosch geskep," sê sy.

Die projekspan is tans besig om die OCF-toetsstelsel op te stel en US-data in hierdie omgewing te laai. Gebruikersaanvaardingstoetsing sal volg. Die toetsfase word beplan om tot einde Februarie 2023 te duur. Die opleidingsmateriaal sal na toetsing gefinaliseer word, en eindgebruikeropleiding word vir Mei 2023 beplan.

"Ons sal die afsny- en ontplooiingsprosesse en -datums vroegtydig aan relevante personeellede binne die fakulteite en PASS-afdelings kommunikeer om 'n suksesvolle ingebruikneming in Junie 2023 te verseker," het Lombard bevestig.

 Stuur asseblief jou vrae of kommentaar oor die projek na sunfin@sun.ac.za. Vir meer inligting, besoek asseblief www.sun.ac.za/sunfin