Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW gee erkenning aan personeel se leer en onderrig prestasies
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Wilma Stassen
Gepubliseer: 02/11/2022

​Die prestasie van personeellede op die gebied van leer, onderrig en evaluering is onlangs gevier by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Hierdie geleentheid was aangebied deur prof Karin Baatjes, FGGW Vise-dekaan: Leer en Onderrig, en was die eerste van hierdie jaarlikse geleentheid wat beloof om ʼn hoogtepunt op die fakulteit se kalender te word.

Om ʼn goeie onderwyser te wees, verg meer as net vakkennis, het Baatjes in haar verwelkomingsrede gesê. “Die vermoë om kennis oor te dra sodat dit vir elke student verstaanbaar is, is ʼn talent," het sy verduidelik. “As die kennis nie op ʼn betekenisvolle manier oorgedra word nie, is daar minimale begrip, en was die moeite verniet."  

Baatjes het voortgegaan: “Onderrig behels nie net die oordrag van feite nie. Onderwysers moet belê in nuwe maniere en tegnieke van onderrig, en moet ʼn geneentheid hê om formele en informele geleenthede vir leer te gebruik, vir voortdurende ontwikkeling in die rol as ʼn akademiese onderwyser."

Ter ondersteuning van hierdie voortdurende ontwikkeling bied die FGGW, deur middel van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderrig (SGBO), ʼn aantal fakulteit ontwikkelingsinisiatiewe aan deur die loop van die jaar om dosente en fasiliteerders by die FGGW voor te berei vir hulle rolle in onderrig en evaluering.

Hoof van die fakulteit se ontwikkeling, dr Rhoda Meyer, het aangedui dat belangstelling in die SGBO se leer, onderrig en evaluering-programme die afgelope paar jaar toegeneem het, en dat daar in 2022 meer as 610 deelnemers aan die verskillende programme was.

“Dit was ʼn besige jaar vir gesondheidsberoepe onderrig by die FGGW wat navorsing betref," het Meyer gesê. “Fakulteitslede het 19 aanbiedings by die US se Vakgeleerdheid van Onderrig en Leer kongres aangebied, en by dieselfde geleentheid het die FGGW se Janine Correira, prof Karin Baatjes en Ilse Meyer die kortlys gehaal vir die beste navorsingsaanbieding vir hulle studie 'Student perceived value on the use of clay modelling in undergraduate clinical anatomy at SU'."

SGBO-direkteur, prof Susan van Schalkwyk, het erkenning gegee aan ʼn aantal FGGW-personeellede vir die voltooiing van verskeie kortkursusse, insluitend: dr Marli Conradie-Smith vir die voltooiing van die MPhil-kortkursus in Kurrikulum Ontwikkeling en Evaluering in Gesondheidsberoepe Onderrig, en mev Rykie van Toorn vir die voltooiing van die MPhil kortkursus in Vaardigheidsontwikkeling. Daar is ook erkenning gegee aan diegene wat die Onderrig in die Gesondheidsberoepe -kortkursus suksesvol voltooi het. Dié wat bygewoon het was mev Betsie Vlok, mnr Daniel Mashishi, dr Matthew Mausling, dr Heinri Zaayman, en dr Liezl Smit, wat tans besig is met die Vakgeleerdheid van Opvoedkundige Leierskap -kortkursus. Van Schalkwyk het ook eer betoon aan vorige Onderrig Genote en ontvangers van die Uitnemendheid in Onderrig -toekenning, asook die beduidende aantal FIRTL (Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer) ontvangers wat by die FGGW die afgelope paar jare.

“Vandag gee ons erkenning aan julle toegewydheid tot die verbetering van ons studente uitkomste, asook vir die bevordering van julle eie ontwikkeling en kennis van Gesondheidsberoepe Onderrig – waarvan die nalatenskap in generasies van studente te siene sal wees," het Baatjes afgesluit.

Onderskrif
Foto links: Rykie van Toorn en dr Liezl Smit. Foto regs: Dr Matthew Mausling, dr Heinri Zaayman, Betsie Vlok en Daniel Mashishi.