Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​ EBW-hoogleraar vereer vir navorsings-uitnemendheid
Outeur: Division for Research Development/​Afdeling vir Navorsingontwikkeling
Gepubliseer: 05/09/2022

​Prof Martin Kidd van die Sentrum vir Statistiese Konsultasie (SSK) van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is die ontvanger van 'n toekenning vir navorsingsuitnemendheid.

Die toekennings is onlangs aan US-navorsers oorhandig wat die grootste bydrae tot geakkrediteerde publikasies gedurende 'n spesifieke tydperk gelewer het.

Vir die doel van die erkenning ten opsigte van geakkrediteerde publikasies is twee kategorieë in ag geneem: (i) navorsers wat die grootste bydraes lewer in terme van die publikasiesubsidie-eenhede die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, en (ii) US-navorsers wat die hoogste aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies in samewerking met hul nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente gelewer het.

Prof Kidd het sy toekenning ontvang in die kategorie vir die getal geakkrediteerde navorsingpublikasies.

Die uittredende Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, prof Eugene Cloete, het die toekennings oorhandig en gesê: “… nuwe kennis wat op hierdie wyse by US gegenereer word, word aan 'n wêreldwye gehoor oorgedra. Dit bevorder die toepassing van navorsingsresultate en die vestiging van hoëvlak menslike kapasiteit.

“Navorsers wat hierdie soort uitsette van hoë gehalte lewer, word as van die belangrikste bates by enige universiteit beskou. Ek beskou dit as 'n voorreg om erkenning te kan gee aan die uitsonderlike prestasie van hierdie groep navorsers."

  • Die dekaan en die Fakulteit wens prof Kidd graag geluk met sy uitmuntende prestasie.

  • Die inligting hierbo is gegrond op 'n artikel deur die Afdeling vir Navorsingsontwikkeling. Om die oorspronklike artikel te lees of vir verdere inligting oor die toekennings vir navorsinguitnemendheid en die ontvangers, kliek hier.