Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bydraes van US akademici vereer met toekennings vir navorsingsuitnemendheid
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 01/09/2022

Die toekenningseremonie vir Navorsingsuitnemendheid is op Maandag 29 Augustus 2022 by die US Museum gehou. Die toekennings is oorhandig aan US-navorsers wat die grootste bydrae tot geakkrediteerde publikasies gelewer het (gebaseer op geouditeerde publikasiestatistieke van 2020-publikasies wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding – DHOO - ingedien is in die 2021-uitsetvoorleggingsjaar) en doktorale gegradueerdes (Desember 2021 en Maart/April 2022-graduerings).

Vir die doel van die erkenning ten opsigte van geakkrediteerde publikasies is twee kategorieë in ag geneem, naamlik (i) navorsers wat die grootste bydraes lewer in terme van die publikasiesubsidie-eenhede (PE's) van die DHOO (afsnypunt vanjaar was 3,82) en (ii) US-navorsers wat die hoogste aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies in samewerking met hul nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente gelewer het (afsnypunt vanjaar was 13). In hierdie rondte is ook erkenning gegee aan navorsers wat 3 of meer doktorsgrade as primêre studieleier vir die genoemde tydperk gelewer het.

Die toekennings is oorhandig deur die uittredende Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, prof Eugene Cloete. Volgens prof Cloete is navorsingspublikasies en doktorale gegradueerdes van die belangrikste produkte wat deur US-navorsers gelewer word. Hierdie aktiwiteite lewer 'n kritieke bydrae tot die uitbreiding van die US se internasionale reputasie as 'n uitstekende navorsingsuniversiteit en lewer 'n beduidende bydrae tot die US se jaarlikse inkomste. Belangriker nog is die feit dat nuwe kennis wat op hierdie wyse aan die US gegenereer word, na 'n globale gehoor oorgedra word, wat sodoende die toepassing van navorsingsresultate en die vestiging van hoëvlak menslike kapasiteit verbeter. “Navorsers wat hierdie tipe uitsette van hoë gehalte lewer, word as van die belangrikste bates by enige universiteit beskou. Ek beskou dit as 'n voorreg om erkenning te kan gee aan die uitstaande prestasie van hierdie groep navorsers."

Prof Wim De Villiers, Rektor en Visekanselier, het die navorsers gelukgewens wat deur hul publikasie-uitsette, leiding van PhD-studente en mentorskap bydra tot die strategiese visie van die US om Afrika se toonaangewende navorsingsintensiewe instelling te word: "Een van die US se strategiese kerntemas is Navorsing vir Impak. Die impak wat ons navorsers maak – op die Universiteit Stellenbosch se reputasie en invloed as 'n wêreldklas-instelling wat uitstekende navorsing lewer, en binne hul kundigheidsvelde in Suid-Afrika, Afrika en verder – dit is 'n nalatenskap om op trots te wees."


Die volgende navorsers het toekennings ontvang:

NAVORSERDEPARTEMENT/SENTRUM/EENHEID
Dr Alexander Andrason Antieke Studies
Prof Florian Bauer Wingerd en Wynkunde
Dr Bernard Bekker Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
Dr Astrid Buica Wingerd en Wynkunde
Prof Juliana Claassens Ou en Nuwe Testament
Dr Francois Cleophas Sportwetenskap
Prof Riaan Combrinck Siviele Ingenieurswese
Prof Mark Cotton Kliniese Navorsingseenheid vir Kindersiektes
Prof Nuraan Davids Opvoedingsbeleidstudie
Prof Ronnie Donaldson Geografie en Omgewingstudie
Prof Anton du Plessis Fisika
Prof Andries Engelbrecht Bedryfsingenieurswese
Prof Aslam Fataar Opvoedingsbeleidstudie
Prof Dion Forster Sistematiese Teologie en Ekklesiologie
Prof Johann Görgens Prosesingenieurswese
Prof Louise GreenEngels
Prof Sara Grobbelaar Bedrysfingenieurswese
Prof Cang HuiWiskunde
Prof Jonathan JansenOpvoedingsbeleidstudie ​
Dr Chris JonesSistematiese Teologie en Ekklesiologie
Prof Ashraf Kagee Sielkunde
Prof Maarten Kamper Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
Prof Martin KiddSentrum vir Statistiese Konsultasie
Prof Bert Klumperman Chemie en Polimeerwetenskap
Prof Lou-Marie KrugerSielkunde
Prof Leslie le Grange Kurrikulumstudie
Prof Christine Lochner Psigiatrie
Prof Quinette Louw Fisioterapie
Prof Oliwole Daniel MakindeWiskunde, Militêre Wetenskap
Prof Antoinette Malan Bewaringsekologie en Entomologie
Prof Michele MillerMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Stephanus MullerAfrica Open – Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie
Prof Ian NellPraktiese Teologie en Missiologie
Prof Peter NyasuluEpidemiologie en Biostatistiek
Prof Linus Opara Hortologie
Prof James PrykeBewaringsekologie en Entomologie
Prof Lizette RabeJoernalisme
Prof Helena RabiePediatrie en Kindergesondheid
Prof Tammy Robinson-Smythe Sentrum vir Indringerbiologie
Prof Francois RoetsBewaringsekologie en Entomologie
Prof Dave RichardsonBotanie en Soölogie
Prof Samantha Sampson Molekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Soraya SeedatPsigiatrie
Dr Ilze SlabbertMaatskaplike Werk
Prof Leslie SwartzSielkunde
Prof Mark SwillingSentrum vir Volhoubaarheidsoorgange
Prof Mark Tomlinson Instituut vir Lewensloopgesondheidsnavorsing
Prof Jan van Vuuren Bedryfsingenieurswese
Dr Stephanie VosMusiek
Prof Robert VoslooSistematiese Teologie en Ekklesiologie
Prof Yusef Waghid Opvoedingsbeleidstudie
Prof Gerhard WalzlMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Robin WarrenMolekulêre Biologie en Mensgenetika

 

  • Vir meer inligting, kontak gerus vir Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za) of Dalene Pieterse (mver@sun.ac.za) van die Afdeling Navorsingsontwikkeling.

​