Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Menswaardigheid aan die hart van geneeskunde: dr Imtiaz Sooliman
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Sue Segar
Gepubliseer: 30/08/2022

Suid-Afrikaanse dokters moet onthou dat hulle in ʼn samelewing werk waar daar baie lyding is. Hulle moet terugdink aan hoekom hulle dokters geword het en hulle medemens met liefde, welwillendheid, deernis en barmhartigheid bedien, en “onthou dat ʼn mens se waardigheid heel eerste kom".

Dit was die hartstogtelike boodskap van dr Imtiaz Sooliman, stigter van die geliefde ramp-respons organisasie, Gift of the Givers, tydens ʼn onlangse praatjie wat jy by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gelewer het.

In sy toespraak, met die titel Active Citizenry – the Door to South Africa's Success, het Sooliman ʼn beroep gedoen op dokters om na te dink oor hoe hulle hul werk benader, en om alle mense, ongeag van hulle omstandighede, met respek, barmhartigheid en deernis te dien.

Wat die oorsprong van sy organisasie betref het Sooliman verduidelik hoe hy ʼn Soefi ontmoet hy tydens ʼn besoek aan Turkye sowat 30 jaar gelede. Hierdie geestelike leier het hom opdrag gegee om ʼn organisasie tot stand te bring wat “onvoorwaardelik omsien na mense van alle rasse, gelowe, kleure, klasse, kulture, van alle geografiese liggings, en van enige politieke oortuiting".

Sedertdien het Gift of the Givers projekte in meer as 20 kategorieë geïmplementeer, en meer as R4,5 miljard se bystand in 45 lande gelewer. Hulle het al hulp verleen met vloede, droogtes, oorloë, brande, aardbewings, en het ook ʼn groot rol gespeel in Suid-Afrika se reaksie op Covid-19.

Sooliman het gesê dat dokters in Suid-Afrika begrip moet hê vir mense se lyding. “Ons vergeet van emosie, aanraking, ʼn sagte stem.

“In ons werk moet ons menslike waardigheid onthou. Ons kry te doen met lyding – mense met geen huise, mense met geen kos. Hoe is ons gesteld op waardigheid?"

Hy het vertel hoe, in die nadraai van Covid-19, hy ʼn kospakkie aan ʼn moeder in die Oos-Kaap oorhandig het. “Sy het die pakkie geneem en gesê 'baie dankie'. Sy het gesê 'praat met my kinders en hulle sal vir jou kan vertel hoe elke plant proe. Vir die laaste drie maande het ons plante geëet om te oorleef."

Hy het ook die storie vertel van ʼn kind wat by ʼn sopkombuis aangekom het. Die kind was ondervoed en het geen hemp, trui of skoene aangehad nie, ten spyte daarvan dat dit winter was. Die kind het gevra of hy, as hy nie baie eet nie, kos vir sy familie by die huis kan neem wat dae laas geëet het. 

“Kinders word geforseer om volwassenes te word," het Sooliman gesê. “Die mense in ons land het al baie swaarkry ervaar. Ons is verplig om diegene te help wat nie ondersteuning het nie. Ons moet versigtig wees, want as jy uit gaan as ʼn geneeskundige, is jy soos ʼn God vir hierdie mense. Ons kan nie hulle vertroue skend nie."

Hy het dokters afgevra hoeveel waarde hulle heg aan hulle verantwoordelikheid en hoe ernstig hulle is oor die etiese aspekte van hulle werk. “Menswaardigheid is belangrik aspek van ons bestaan in Suid-Afrika. Vee ʼn droewige kind se trane af, streel ʼn weeskind se kop, gee goeie raad vir ʼn weduwee. Hierdie dinge is verniet."

Hy het eer betoon aan die spanne by Gift of the Givers wat die wêreld vol reis om verligting te bring in rampgebiede, en het benadruk hoeveel mense kan bereik as hulle toegewy is aan ʼn saak. “Tydens ʼn ramp bied party organisasies kos, ander verskaf komberse, ander tente en ander medisyne. Ons Suid-Afrikaners is die enigstes wat dit alles op een slag bied. In Somalia het ons binne drie ure ʼn hele hospitaal opgestel met ʼn intensiewe sorgeenheid, suurstof, teater, ginekologie, pediatrie, RT-skandeerders, ultraklank en nog heelwat meer. Dit is die vaardighede van mense wat opleiding ontvang in ons skole, hospitale en universiteite. Ons kan baie trots wees as ʼn land."

Suid-Afrika het baie uitdagings en dit is in die landsburgers se vermoë om te help om dit reg te stel. “Ons het vloede oorleef, Covid-19, burgerlike onrus in KwaZulu-Natal, en fase ses beurtkrag!

“Hierdie land behoort nie aan die regering nie, behoort aan my, en jou, en 65 miljoen Suid-Afrikaners. As ons eienaarskap neem, begin ons dinge self regmaak. Ons neem hande en veg saam die goeie stryd."