Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms: Fokus val op SA ekonomie by sakeontbyt
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 29/08/2022

Die tyd raak min om kaartjies te bespreek vir die Universiteit Stellenbosch se Tuiskoms sakeontbyt wat op Vrydag 9 September om 09:00 by die Adam Small-teaterkompleks plaasvind.

Die Alumnikantoor in vennootskap met die Stellenbosch Bestuurskool bied hierdie sakeontbyt aan met die tema "Bul of beer? Leiers se sienings oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie". 

Toonaangewende denkers soos dr Patience Nombeko Mbava (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Finansiële en Fiskale Kommissie), dr Marlene le Roux (uitvoerende hoof van Artscape) en Simon Susman, voorsitter van Conservation South Africa, president van Intercontinental Group of Department Stores, raadslid van vyf maatskappye en erepresident van Woolworths Holdings Bpk, sal gedagtes uitruil.

Dr Morné Mostert, strategiese vooruitskouingsadviseur en voormalige direkteur van ons Instituut vir Toekomsnavorsing, sal as moderator optree van wat beloof om 'n hoogs insiggewende gesprek te wees in die lig van die huidige uitdagings en geleenthede in sowel die Suid-Afrikaanse as die wêreldekonomie. 

  • Bespreek jou plek op Quicket (https://bit.ly/3vMge5J).
  • Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan homecoming@sun.ac.za of skakel +27 21 808 2710.