Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerstejaars Verwelkomingsbraai
Outeur: Jina Park
Gepubliseer: 14/04/2022

​​Nuwe jaar, nuwe lede, nuwe begin. 'n Verwelkomingsbraai is al 'n langstaande tradisie by die Bosbou Departement wat aan die begin van elke jaar gereël word vir die eerstejaars om mekaar en hul toekomstige lektore beter te leer ken. Na die uitstelling in 2021 as gevolg van die aangaande epidemie het hierdie spesiale geleentheid 'n langverwagte terugkeer gemaak op Donderdagmiddag, 3 Maart.

Die braai was in ons fakulteit se agtertuin gehou met al die nodige verversings wat enige nuwe student tuis sal laat voel. Musiek van hul keuse het die aand gespeel om die atmosfeer nog vroliker te maak. Baie van ons lektore het ook 'n verskyning gemaak met ons fakulteithoof, Prof. Bruce Talbot, wat die byeenkoms geopen het met woorde van aanmoediging en voorspoed vir die tydperk wat voorlê. Saam met ons lektore was daar ook 'n aantal buitelandse besoekers wat saam kom fees vier het.

Die aand se aktiwiteite het begin met 'n klomp ysbrekers om mekaar beter te leer ken. Studente was in groepe ingedeel en het beurte gemaak om te raai watter dier of plant aan hulle gegee was. Dit het gelei tot menigte komiese oomblikke. So het ons besef dat hierdie jaar se eerstejaarsklas 'n diverse spul is wat vanaf oral in die land kom en met verskillende agtergronde. Verder kon die nuwelinge gesels en raad vra vanaf van die ouer studente en lektore vir enige verskuilde raad wat in die toekoms handig gevind mag word… Na die aand het almal mekaar beter leer ken en was die studente goed ingelyf by ons fakulteit.

Tydens en na die ete het ons almal rustig saamgesit en die pad vorentoe bespreek. Na 'n aand van menigte nuwe herinneringe was dit uiteindelik tyd om die aand af te sluit. Laat die toekomstige tydperk en byeenkomste ook 'n groot sukses wees en voorspoed met die res van die jaar!