Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middagete byeenkoms vir oud-lektore
Outeur: Prof Brand Wessels
Gepubliseer: 06/04/2022

​Die Department van Bos-en Houtkunde het op 15 Maart 2022 'n middagete vir oud-lektore van die departement aangebied. Behalwe vir die plaaslike emeriti, het 'n paar “uitlanders" soos Proff. Klaus van Gadow en Gerrit van Wyk ook die byeenkoms bygewoon. Na 'n kort verwelkomingsboodskap en 'n oorsig oor die huidige stand van sake by die departement, was dit tyd vir opvang met ou vriende oor 'n glas wyn. Die geluid van lag en vertel van stories uit die ou dae het vinnig die Ou Biblioteek gevul. Insidente soos die keer toe 'n student die Houtkunde werkswinkel opgeblaas het (met behulp van 'n foutiewe outoklaaf) is oorvertel en het steeds almal verwonderd gehad dat niemand beseer is nie. Die funksie het geeindig met 'n toer van die gebou en fasiliteite. Baie van ons emeriti dra steeds aktief by tot die departement op verskeie maniere en die middagete was 'n dankie-sê vir ons oud-kollegas vir beide huidige en historiese bydraes. ​​