Wanneer ek die woord erfenis hoor, dink ek aan my voorvaders, en ek dra hierdie gedig aan hulle op:
Wanneer ek in my oë kyk, sien ek liefde
wanneer ek in my oë kyk, is ek vol liefde vir daardie stukkies van julle wat ek in my kan raaksien
Ek sien in my oë die reën wat pyn kan wegwas
Ek sien hoop en drome wat van geslag tot geslag oorgedra word
Ek is die droom, ek word die droom
vir diegene wat te bang was om die strate in te vaar
diegene wat te bang was om hulle stemme te laat hoor
Maar ek is veral die droom vir diegene wat dapper na vore getree het
en wat nooit teruggedeins het nie
diegene wat die lig aan die einde van die tonnel raakgesien het
Ek is inderdaad daardie lig, ek sê dat julle dapper was
dankbaar vir wat julle gedoen het – julle het 'n nasie voortgebring wat vergifnis kan gee vir wat gedoen is
Konings en koninginne wat liedere sing wat ewig sal weerklink
nasies wat liefde en skoonheid in alles kan vind
nasies wat ten spyte van hulle verskille één kan word
nasies vol vreugde ten spyte van die leed oor wat hulle verloor het
Wees sterk, vol hoop om 'n beter toekoms te bou.