Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vroue-maand gesprek werp lig op die uitdagings vir vroue in die wetenskap en geneeskunde
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Anina Visser
Gepubliseer: 17/09/2021

Ter viering van Vroue-maand het die Oorplantingvereniging, die Universiteit Stellenbosch (US) se Vroue-forum en die Departement Chirurgie by die Universiteit van Kaapstad (UK) ʼn byeenkoms gehou waar hulle die sistematiese kwessies waarteen vrou in geneeskunde en die wetenskap te staan kom bespreek het. Hierdie geleentheid was op 27 Augustus by die Groote Schuur-hospitaal gehou en was gemodereer deur professor Elmi Muller, dr Lydia Cairncross en professor Keymanthri Moodley en dit was in-persoon asook aanlyn bygewoon deur gaste van reg oor die wêreld.

Diegene wat die byeenkoms bygewoon het, was gevra om vooraf die film “Picture a Scientist" te kyk – hierdie film dokumenteer die vloedgolf van vroue-navorsers in die Verenigde State (VK) wat die weg baan vir gelykheid vir vroue in die wetenskap. In hierdie film neem die bioloog Nancy Hopkins, die chemikus Raychelle Burks en geoloog Jane Willenbring kykers op ʼn reis deur hulle eie loopbane en die stryd wat hulle gevoer het in velde wat deur mans gedomineer word.

Met hierdie impakvolle dokumentêre film as verwysing, is gesprekke gevoer oor die sistematiese en onsigbare onderdrukking wat vroue in werkplekke regoor Suid-Afrika ervaar. Van subtiele minagting tot doelbewuste diskriminasie – chirurge, dokters, navorsers, akademiese en administratiewe personeel hulle ervarings gedeel tydens hierdie Vroue-maand byeenkoms.

Die gendersalarisgaping in geneeskunde en die wetenskap

Die duidelikste voorbeeld van hoe vroue steeds die spit afbyt in hierdie industrie is die gendersalarisgaping. “Ek dink salarisse is ʼn groot probleem in Suid-Afrika," sê dr Simphiwe Simelane van die UK. “In my vorige werk as ʼn mediese amptenaar vir navorsing was my beginsalaris aansienlik minder as dié van ʼn manlike eweknie met dieselfde posbeskrywing." Die kwessie van ongelyke salarisse strek wyer as Suid-Afrika se grense volgens dr Camille Kotton van Massachusetts Algemene Hospitaal in die VS. “Alhoewel beginsalarisse in geneeskunde aanvanklik gelyk is, begin dit verander vir ʼn verskeidenheid redes soos wat ons meer senior word. As mens sistematies daarna kyk, is dit beslis ʼn kwessie."

Die loopbaanopofferings van ouerskap

Ouerskap is nog ʼn aktuele voorbeeld van waar vroue dikwels onregverdig behandel word. ʼn Vroulike chirurg van Kaapstad wat tans besig is om haar studies te voltooi terwyl sy ook vir twee kinders sorg, sê dat sy opgelet het hoe talle talentvolle vroue ʼn tree terug geneem het van hul loopbane sodra hulle met ʼn familie begin het. Sy voeg by dat sy hoop dat daar meer opsies vir chirurge is om hulle studies deeltyds te kan voltooi sodat vroue chirurge nie uitgesluit word van programme net omdat hulle moeders is nie. Oor gesinslewe voeg professor Nancy Kwan Man van die Universiteit van Hong Kong by dat dit veral ʼn uitdaging is om ʼn balans te vind tussen familie- en werkverantwoordelike vir vroue in senior leierskaprolle. Sy voeg by dat vroue mekaar moet ondersteun en aanmoedig om senior posisies te beklee en vordering te maak in hulle onderskeie velde.

Die rol van manlike bondgenote in die bemagtiging van vroue

Hoewel die geleentheid grootliks deur vroue bygewoon is, het ʼn paar mans ook deelgeneem en in gesprek getree oor hoe manlike bondgenote die behoeftes van professionele vroue beter kan verstaan en ondersteun. Professor Helmuth Reuter van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het gesê hy besef hoe belangrik dit is om vroue stemme aan te hoor en na te dink oor die rol wat mans speel. “Waar ek kan sal ek graag saam met my vroulike kollegas wil werk en ek is ontvangklik vir kritiek as ek, en ander mans, foute begaan. Ek hoop ons kan nadink oor hoe ons beter saam kan werk."

Die langdurige impak van onbewustelike vooroordeel

Vanaf die oorkoepelende tot die onderliggende, die gesprekke het lig gewerp op die onbewustelike effek van jare se onderliggend diskriminasie. Dr Allison Moore, ʼn uroloog by Groote Schuur-hospitaal se dat deur die loop van haar mediese opleiding en internskap was dit altyd die klein seksistiese opmerkings, eerder as die dade van duidelike teistering, wat haar as ʼn jong chirurg ondermyn het. Cairncross, ʼn chirurgiese konsultant by Groote Schuur-hospitaal en medeprofessor by die UK, se dat sy onbewustelike vooroordeel tee gekom het terwyl sy verlede jaar in die Covid-19-saal gewerk het. “Ek het saam met ʼn wit, manlike kollega gestap en pasiënte het eenvoudig net aanvaar dat hy die professor was en nie ek nie," onthou sy. “As vroue moet ons voortdurend bewus wees en onsself bewys, terwyl mag eenvoudig net direk na mans vloei."

Dit ontwyk die punt: hoe beweeg instansies weg van ʼn kultuur van voldoening na ʼn kultuur van verandering om die onderliggende vooroordeling aan te spreek?

“By die Vroue-forum werk ons aan verskeie kwessies om vroue te bemagtig en om hindernisse uit die weg te ruim in terme van loopbaanvooruitgang oor die jare," se Moodley, die voorsitter van die Tygerberg-tak van die US se Vroue-forum. “Tans werk ons daaraan om ʼn kindersorgfasiliteit by Tygerberg op te rig, en ons het ʼn borsvoeding- / melkafskeidingsfasiliteit geskep, maar ons kyk ook na ander maniere hoe vroue negatief beïnvloed word in die werkplek."

Vir meer inligting oor hierdie geleentheid of om toegang te kry tot die volledige gesprekke, besoek The Transplantation Society