Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Finlo / FIRLT aansoeke: sluitingsdatum 19 November 2021
Outeur: Gerda Dullaart
Gepubliseer: 07/09/2021

FINLO / FIRLT aansoeke:  sluitingsdatum 19 November 2021

In ooreenstemming met sy Onderrig-en-Leerbeleid, het die Universiteit Stellenbosch die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) in 2005 opgestel ten einde 'n kultuur van innovering en besinning oor leer en onderrig by die Universiteit aan te moedig. Die Fonds verskaf 'n geleentheid vir dosente om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer, en leer-en-onderrig -probleme, ‑oplossings en -prosesse te ondersoek. Dit bied ook 'n meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van leer en onderrig te verbeter. Enige dosent, dosentespan of sentrum verantwoordelik vir leer en onderrig kan vir 'n toekenning aansoek doen.

FINLO-toekennings word twee maal 'n jaar deur 'n subkomitee van die Komitee vir Leer en Onderrig gemaak. Aansoeke word tot 'n maksimum bedrag van R50 000 befonds. 

Hoe om vir FINLO-toekennings Aansoek te d​​​​oen:

US akademiese- en ondersteuningspersoneel word uitgenooi om voorstelle in te dien vir befondsing van navorsings- of innovasieprojekte wat leer en onderrig aan US verryk. Voorstelle ten opsigte van, maar nie beperk tot, die volgende temas word aangemoedig: 

  1. Innoverende assessering by US. Assessering vir leer is krities vir studenteleer-ervaring en -deelname. Wat doen u om aan te dui dat assessering belangrik is vir u en u studente?
  2. Kurrikulum / Program / Module vernuwing. Die strewe na vernuwing, innovasie en ondersoek is bewyse dat u onderrig saak maak by die US.
  3. Dekolonisasie en/of Sosiale Geregtigheid in leer en onderrig by US. Om te verseker dat ons graduandi die universiteit verlaat met kritiese denke en as rolspelers in vernuwing, moet ons onderrig die eienskappe van US graduandi fasiliteer.
  4. Augmented Remote Teaching, Learning and Assessment ​(ARTLA), hibriede en gemengde leer.  In die unieke konteks van die pandemie en ander ontluikende faktore wat bydra to elektroniese leer, onderrig en assessering, word voorstelle wat aspekte en dimensies van hierdie konteks verken, aangemoedig.
  5. Finlo voorstelle vir nuwe projekte op klein skaal.
  6. Herindiening van hersiende voorstelle.​

Vir meer inligting, besoek die FINLO webwerf of stuur 'n e-pos aan:  finlo@sun.ac.za