Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
LaunchLab: Die ontraaiseling van entrepreneurskap
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 24/05/2021

​Die Universiteit Stellenbosch LaunchLab wat in 2015 gestig is, is Afrika se voorste universiteitsgesteunde inkubator. Die LaunchLab se missie is om idees wat onmoontlik lyk, na wêreldvormende besighede te verander. 

By die US LaunchLab bou ons die nuwe geslag van volhoubare, hoë-impak maatskappye vir die aanpak van die wêreld se grootste uitdagings in landbou, klimaat en gesondheid.

Ons fokus op die ontwikkeling van die entrepreneur en die besigheid. Ons is geesdriftig oor almal toerus met die entrepreneursvaardighede wat nodig is om sin uit dubbelsinnigheid en wisselvalligheid te maak. Ontwerpdenke en klanteontdekking is die kernwerktuie wat ons gebruik om kompleksiteit te navigeer. 

Die enigste manier om entrepreneurskap te leer, is om dit te doen. Op grond hiervan bied ons ʼn volledige stel programme op aanvraag, en ook talle kere per jaar, aan. 

Lees meer deur Josh Romisher, HUB van die Universiteit Stellenbosch se LaunchLab, hier.