Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gradeplegtigheid - Maart 2021
Outeur: Elise Groeneveld
Gepubliseer: 31/03/2021

​​​Die Kanselier van die Universiteit Stellenbosch het op Woensdag 31 Maart tydens 'n aanlyn seremonie 'n totaal van 60 grade, diplomas en sertifikate aan studente van die Fakulteit Opvoedkunde toegeken. Doktorsgrade is toegeken tydens 'n klein fisiese seremonie by die US Konservatorium, waar ses kandidate hul grade ontvang het.

Opsommings van al ons meestersgraad- en doktorale graduandi se navorsing is hier beskikbaar.

Die Fakulteit wil alle gegradueerdes gelukwens met hulle harde werk en vasberadenheid. Ons wil graag kontak behou met ons alumni. Om ons daartoe in staat te stel, wil ons graag ons alumni aanmoedig om gereeld hulle persoonlike data aanlyn op te dateer.