Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNFin-projek nou lewendig op 1 Julie 2021
Outeur: Finance
Gepubliseer: 29/10/2020

​Die Universiteit Stellenbosch se Rektoraat het ingestem dat die SUNFin-projek se implementeringsdatum uitgestel word van 4 Januarie 2021 tot 1 Julie 2021 om te verseker dat die oorskakeling vanaf die ou finansiële stelsel na die nuwe Oracle Cloud Financials (OCF) stelsel soomloos verloop.

“Ondanks baie uitdagings oor die afgelope paar maande, het die projekspan beduidende vordering met die projek gemaak," sê Manie Lombard, Hoofdirekteur: Finansies. Die span is op die oomblik besig om kritiese besigheidsbesluite en veranderinge aan besigheidsbeleide te maak wat die OCF-toepassing vereis. US data word ook tans skoongemaak voor die finale oorskakeling en die oorlaai van data.

Verder ontwikkel die span integrasie-oplossings wat sal verseker dat die vereiste US perifere-stelsels met die OCF-toepassing kan “gesels". Visons, die implementeringsvennoot, fokus nou op kennisoordrag vanaf die OCF-stelsel na die US se finansiële onderwerpkundiges.

Volgens Manie het die SUNFin-span 'n unieke ratse werkwyse aangeneem om op projekte te werk en sodoende kruisfunksionele spanne saam te stel om die integrasies van perifere stelsels by die OCF te ontwikkel. “Hulle skep 'n kultuur waar hulle gebruik maak van template, dokumentasie-bevindings en die deel van inligting. Die span het 'n stel waardes gevestig waarvolgens hulle lewe, asook 'n formele veranderingsbestuursbenadering aangeneem om die menslike element van verandering sistematies te benader."

Die projekspan berei tans die US data voor vir die laaste praktiese data-laai en stelsel-konfigurasie voordat die derde en laaste iterasie van OCF vroeg in 2021 hersien word. Dit word gevolg deur gebruikersaanvaardingstoetsing in Maart 2021.

Manie sê dat hulle die personeel in April 2021 sal inlig oor die kenmerke van die nuwe SUNFin-oplossing en die belangrikste veranderinge aan die finansiële prosesse en beleide op  beplande byeenkomste. Eindgebruikersopleiding begin in Mei 2021 en sal duur tot middel Junie 2021. “Ons sal vreogtydig die afsnyprosesse en datums aan relevante personeellede meedeel."  

Stuur asseblief jou vrae of opmerkings oor die projek aan sunfin@sun.ac.za. Vir meer inligting, besoek gerus www.sun.ac.za/sunfin.​