Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US bied internasionale werksessie aan oor volhoubare padvragvervoer
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 28/10/2020

Die opening van die sewende internasionale werksessie oor volhoubare padvragvervoer het op Woensdag (28 Oktober 2020) met 'n webinaar afgeskop. Die geleentheid word deur die Universiteit Stellenbosch se Departement Logistiek aangebied.

Dis die eerste keer dat hierdie geleentheid buite Brittanje aangebied word. Wat aanvanklik as 'n inisiatief van Cambridge en Herriot Watt Universiteite begin het, is later na navorsers in Brittanje, Europa, Suid-Afrika, Sjina en Indië uitgebrei.

  • ​Lees die volledige berig deur hier te kliek​.

  • Foto: Josiah Farrow op Unsplash