Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dieetkunde-studente leer én maak 'n verskil in die gemeenskap
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Sue Segar
Gepubliseer: 03/10/2020

Die opmaak van voedselpakkies, die ontwikkeling van resepte vir voedsame soppe wat die immuunstelsel 'n hupstoot gee, en die leer van basiese tuinmaakvaardighede aan skoolkinders.

Hierdie was net 'n paar van die aktiwiteite waaraan die finale-jaar student van die Afdeling Menslike Voeding onlangs deelgeneem het, as deel van hulle Ukwanda landelike rotasie, wat van hulle vereis dat hulle in landelike gemeenskappe moet werk.

Elke jaar doen die finale-jaar voedingskunde studente 'n ses-week geïntegreerde gemeenskaps-gebaseerde landelike rotasie, waar hulle hulle vaardighede kan toepas. Die rotasie vind gewoonlik plaas by een van twee landelike platforms, die een in Worcester en die ander een in Hermanus. As gevolg van inperkings wat meegebring is deur Covid-19, kon hierdie opleidingsplatforms nie hierdie jaar gebruik word nie, so die rotasie het 'n nuwe vorm moes aanneem.  Die Ukwanda-rotasie is na vyf weke verkort, waarvan drie aanlyn plaasgevind het, en die ander twee in verskillende plekke waar die nie-regerings organisasie (NRO), Sprouting Minds, werksaam is. Dit was onderskeidelik in Durbanville, Klipheuwel en Fisantekraal. Die studente se program is aangepas om te voldoen aan die Covid-19 voeding-spesifieke spesifikasies.

Vier groepe, wat elk uit agt of 11 studente bestaan het, het die Ukwanda-rotasie voltooi – en elke groep is die taak opgelê om 'n nuusbrief te publiseer waarin hulle hulle aktiwiteite gedurende hierdie ongewone jaar beskryf. Die nuusbrief van die derde groep van agt studente, wat die titel "Ukwanda Times" het, het 'n opsomming gegee van die werk wat hulle in die drie bogenoemde gemeenskappe verrig het.

Lynette Daniels, Ukwanda se koördineerder en 'n dosent in gemeenskapsvoeding, het verduidelik dat die doel van die ses-week-lange Ukwanda voedingskunde-rotasie was om die studente bloot te stel aan drie gebiede in voedingkunde (gemeenskapsvoeding, terapeutiese voeding en  voedseldiensbestuur) en om hulle aan die praktyk as sulks bloot te stel, sodat hulle vaardig kan word daarmee om binne die Suid-Afrikaanse openbare gesondheidskonteks te werk.

In hulle nuusbrief het die studente beskryf hoe hulle, onder andere, 106 kospakkies aanmekaargesit het by die Durbanville-gemeente gedurende die maand van Augustus saam met Sprouting Minds. Hierdie kospakkies was bedoel  vir families wat gesukkel het om kos te koop gedurende die inperkingsperiode.

Hule is ook die taak opgelê om 'n resep te ontwikkel vir 'n voedsame sop wat op groot skaal vir die inwoners van Fisantekraal voorberei kon word. “Die resep wat ons uiteindelik gekies het was 'n kerrie- en rooi-lensiesop, wat ook tamaties, spinasie, aartappels en gesplete ertjies bevat het."

Verder is hulle ook gevra om 'n gesonde smeer te ontwikkel wat 'n hoë proteïenvlak het, en energiegewend sou wees, en wat gebruik kon word om toebroodjies te maak.

“Ons het 'n smeer gemaak van gebraaide knoffel en lensies – die vroue van die Fisantekraal-gemeenskap het dit baie geniet," het hulle in hulle nuusbrief geskryf.

Die studente het ook 'n gesondheidsaktiwiteit aangebied wat  gemik was op die bevordering van bewustheid oor die toestand van hipertensie, en om vroue in te lig oor die negatiewe gevolge wat hoë bloeddruk kon hê.

“Die gesondheidsbevorderingsessie het ook dans behels, wat fisiese aktiwiteit aanmoedig …dit was so 'n vrolike, opvoedkundige aktiwiteit."

Die nuusbrief het ook beskryf hoe die studente laerskoolleerders meer geleer het oor die voordele van plante en tuinmaakbedrywighede. Dit het ook behels om hulle te wys hoe om 'n sloot-tuin te grawe, hoe om die grond meer vrugbaar te maak, en hoe om groente en blomme te plant. “Dit was 'n goeie aktiwiteit wat ook fisiese ontwikkeling aangemoedig het, omdat tuinmaak leerders help om beide fyn en groot motoriese vaardighede aan te leer, 'n gevoel van verantwoordelikheid te ontwikkel, en om die voordele van goeie voeding opnuut te besef deur die verband te herbevestig van dit wat geplant word, en dit wat vir 'n gesonde dieet benodig word."

Hulle het ook gemeenskapstuiniers gehelp om hulle vaardighede t verbeter, en het gesondheidswerkers in die gemeenskap opgelei in verband met die mid-boarm omtrek (MUAC) assessering om groei in kinders te help monitor of enige tekens te identifiseer van groeivertraging.

 “Armoede, honger, 'n gebrek aan voedselsekuriteit, oordraaglike en nie-oordraaglike siektes was alles algemeen in die gemeenskappe waarin ons gewerk het," het die studente geskryf.

Hulle het saamgestem dat daar in die toekoms samewerking op alle vlakke van gesondheidsorg moet wees om gemeenskapsontwikkeling voorts te ondersteun. “Innovasie onder gesondheidswerkers is noodsaaklik om struikelblokke te oorkom, met die fondament beslis gebaseer op die realisering van basiese behoeftes," het hulle ten slotte bygevoeg.

Studente het met groot entoesiasme geskryf oor hulle ondervindings tydens die Ukwanda-rotasie.

“Na die verrykende en insiggewende ondervinding wat die blootstelling aan die lewenstyl van Fisantekraal as 'n geheel aan my gebied het, het ek beter insigte ontwikkel oor hoe om myself en my pasiënte te hanteer in moontlike toekomstige gemeenskapspraktyke," het Georgia Burnett gesê.

“Ukwanda het my laat besef dat ek dit regtig geniet om direk van aangesig tot aangesig binne die landelike gemeenskap te werk. Hierdie ondervinding het my sterk punte aan my uitgewys en ook dinge waaraan ek nog moet werk," het Sitaara Dhansay gesê.

“Die sterk bevordering van voeding is moontlik deur die versterking van aksie binne die gemeenskap, en ook deur die bevordering van omgewings waarbinne dit moontlik gemaak kan word. Om gesond te eet is 'n noodsaaklike gewoonte – dit moet aangemoedig word," het Nonofo Batshani geskryf.

“Hierdie rotasie het aan my gewys dat ons as voedingkundiges groot veranderinge kan meebring deur bloot daar te wees en op te daag. Toe ons opgedaag het vir die tuinmaakprojek, was ons grootste belonging om die groot glimlagte op mense se gesigte te sien," het Alica Terblanche gesê.

“Hierdie roatsie het dit moontlik gemaak vir my om weer te herkonnekteer met die rede hoekom ek in NRO-werk wou betrokke raak. Ek het aan die begin van my  studies besluit om hierop te fokus. Hierdie blok was 'n baie waardevolle ondervinding," het Fatima Sulaiman gesê.