Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Anita Cloete op ’n missie om jeug te bemagtig
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie [Rozanne Engel]
Gepubliseer: 22/09/2020


Geloofsgebaseerde gemeenskappe moet buite formele godsdienstige instellings interaksie met jong mense hê deur belangstelling in hul alledaagse lewe en uitdagings te toon en hulle moet tegnologie soos film en media gebruik om 'n gesprek aan die gang te sit en om die sosio-ekonomiese uitdagings wat jongmense ondervind, aan te spreek.

Só glo prof Anita Cloete, 'n medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Teologie, wie se navorsing en onderrig op die jeug, jeugkultuur asook godsdiens en media fokus. Cloete is reeds jare lank besig om Suid-Afrikaanse jeug op te voed en te bemagtig deur onderrig en navorsing op die vakgebied van praktiese teologie.

Haar boek, Interdisciplinary Reflections on the Interplay between Religion, Film and Youth, het onlangs verskyn en fokus op die snyding tussen godsdiens en media en hoe hierdie twee instellings mekaar, asook die land se jeug, vorm en beïnvloed.

Volgens Cloete was hierdie boekprojek 'n hoogtepunt in haar loopbaan en het dit die geleentheid geskep om navorsers van verskillende plaaslike en buitelandse universiteite uit verskillende vakgebiede byeen te bring.

“Hierdie navorsingsprojek in 'n voortvloeiing van my navorsing wat ek voorheen oor godsdiens en die media gedoen het. Hierdie projek wat beslis 'n hoogtepunt, aangesien ek in nuwe en meer hedendaagse maniere om godsdienstig en geestelik te wees wat spesifiek deur die media geïnspireer en gevorm word, belangstel.

“Dit is interessant om te sien hoe baie ons gedurende die COVID-krisis op tegnologie en digitale media staatmaak om al hoe meer die gaping in direkte kontak in die onderwys, kerk, ens te vul. Godsdienstige instellings soos plaaslike gemeentes moet kennis neem van ander kulturele teks soos film wat sosiale en godsdienstige sake aanspreek en wat moontlik 'n groter invloed op jongmense se lewens kan hê en dat hierdie mediums aangewend moet word om gesprekke met die jeug aan te moedig."

Cloete het in die Namakwaland grootgeword en het altyd gevoel geroepe gevoel om teologie te gaan studeer. Sy sê godsdiens was nog altyd vir haar 'n fassinerende konsep en sy glo dit kan verandering in die samelewing teweeg bring.

“Die voortdurende tegnologiese ontwikkeling is so 'n groot kulturele mag wat vorm aan ons lewens, waardes en wêreldsiening – en spesifiek godsdiens – gee. Een van my vernaamste navorsingsbelangstellings is om godsdiens te verstaan soos mense dit in hul alledaagse lewens beskryf en uiting daaraan gee. Ek hoop godsdienstige instellings sal kennis neem van my navorsing en dit in hul algemene benadering tot die bediening, en spesifiek in hul jeugbediening gebruik."

Volgens Cloete het die COVID-19-pandemie vir haar die geleentheid gegee om oor haar lewe te besing en haar prioriteite in oënskou te neem. Sy hoop om voort te gaan om deur haar navorsing en werk 'n verskil te maak. Sy wil graag hê haar studente moet op hul opleiding fokus en hulle met positiewe mense omring wat in hulle belangstel en vir hulle omgee.

Die boek is by www.sun-e-shop.co.za en by die africansunmedia.store.it.si (eboeke) by www.africasunmedia.co.zab beskikbaar.