Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer basiese gebaretaal gratis aanlyn
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gepubliseer: 21/09/2020

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Eenheid vir Gestremdhede het dit nou vir personeel en studente makliker gemaak om Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) aan te leer deur sy SAGT-kursus gratis aanlyn beskikbaar te stel vir die volgende vier weke.

Die aanlyn-aanbieding van hierdie gewilde kursus begin vandeesweek en sal kosteloos wees.

“Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het 2020 as die Universiteit se Jaar vir Persone met Gestremdheid verklaar, maar terwyl ons ons aktiwiteite vir die jaar beplan het, het ons voor die COVID-19-pandeme te staan gekom,” sê dr Marcia Lyner-Cleophas, Hoof van die Eenheid vir Gestremdhede in die US se Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling.

“Ons het nietemin met ons beplanning voortgegaan, maar het ons aktiwiteite na die kuberruimte verskuif. Omdat die Jaar vir Persone met Gestremdhede by die US is, stel ons ’n vier weke lange reeks van twee SAGT-video’s per week aanlyn beskikbaar waartoe enigiemand toegang kan kry om basiese gebaretaal in hul vrye tyd te leer,” verduidelik Lyner-Cleophas.

Deelnemers sal agt video’s gratis ontvang. Die SAGT-kursus sal aanstaande jaar voortgesit word met ses sessies wat op die kampus aangebied sal word teen ’n minimum koste van R120. Hierdie video’s sal verpligtend wees om met die SAGT-kursus in 2021 te kan voortgaan.

Stuur ’n e-pos na disability@sun.ac.za om vir die kursus te registreer.

· September is bewustheidsmaand vir doofheid in Suid-Afrika en is deel van die Internasionale Bewustheidsmaand vir Doofheid. Die Pan-Suid-Afrikaanse Gebaretaalraad (PANSAT) het vroeër vandeesmaand die Handves vir Suid-Afrikaanse Gebaretaal bekendgemaak, gegewe die grootskaalse gebrek aan toegang wat mense met doofheid steeds in Suid-Afrika ondervind