Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dra jou masker, sê US
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 06/08/2020

​“Deur jou masker te dra, beskerm jy nie slegs jouself nie. Dit beskerm ook mense om jou en dit is wat dit beteken om verantwoordelik te wees: om uit te kyk vir mense wat die grootste risiko loop met COVID-19," sê Prof. Stan du Plessis, voorsitter van die Institusionele Komitee vir Sakevoortsetting (IKSV).

Du Plessis het verduidelik dat dit onder die Universiteit se aandag gekom het dat sommige studente en personeel nie maskers dra wanneer hulle in openbare ruimtes op kampus rondbeweeg nie. “Dit is kommerwekkend, nie slegs omdat dit verpligtend is om 'n masker in die openbaar te dra nie, maar deur dit nie te doen nie, stel jy ander kwesbare lewens in gevaar.

In reaksie hierop het die US 'n kampuswye veldtog van staple gestuur om studente te herinner waarom hulle hul maskers moet dra. Verskeie plakkate, baniere, plakkers en ander kommunikasie is op die kampus aangebring met boodskappe soos: “Dra di ten wys jy gee om. Masker Op", “Dra dit vir jou Gogo. Dra dit vir jou tante. Dra dit vir jou Oupa. Dra dit vir jou Ma. Dra dit vir jou Tjommie. Dra dit vir jou Mamma. Dra dit vir jou Broe. Masker op!".

Die veldtog is in response op onlangse regeringsregulasies wat die dra van maskers in die openbaar verpligtend maak.

“Ons doel met hierdie veldtog is om die bewese belang van dra van masker in die stryd teen hierdie pandemie oor te dra, en om ons personeel en studente aan te moedig en te sê “Masker op!" sê Du Plessis.

As jy nog motivering nodig het om 'n masker te dra, kyk gerus na hierdie video om te sien hoe verskillende soorte maskers die verspreiding van die coronavirus voorkom.

Beskerm jouself en ander teen die verspreiding van COVID-19

(Bron: Wêreldgesondheidsorganisasie)

​Natuurlik is 'n masker op sy eie nie genoeg om die verspreiding van die virus te voorkom nie. Verminder jou kanse deur hierdie voorsorgmaatreëls te tref:

  • Was jou hande gereeld en deeglik.
  • Vermy oorvol plekke.
  • Moenie aan jou oë, neus of mond raak nie.
  • Sorg dat j yen die mense om jou, goeie respiratoriese higiëne volg.
  • Bly tuis en isoleer jouself totdat jy herstel, al het jy slegs geringe simptome soos hoes, hoofpyn, ligte koors.