Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Theo Broodryk ontvang gesogte Georg Forster-toekenning
Outeur: Faculty of Law / Fakulteit Regsgeleerdheid
Gepubliseer: 07/07/2020

Professor Theo Broodryk, Medeprofessor in Regte, het onlangs die gesogte Georg Forster-toekenning van die Alexander von Humboldt-stigting in Duitsland ontvang.

Die Georg Forster-toekenning word aan akademici oor verskeie dissiplines toegeken ter erkenning van 'n navorser se prestasies tot op hede, insluitend wesenlike bevindinge, nuwe teorieë, of insigte wat 'n buitengewone impak op hul eie dissipline en wyer gehad het, en van wie daar verwag word om aan te hou om navorsingsgebaseerde oplossings te ontwikkel ten opsigte van spesifieke uitdagings in ontwikkelende lande.

Ontvangers van die toekenning word uitgenooi om 'n navorsingsprojek van hul eie keuse in Duitsland, in nabye samewerking met 'n spesialis kollega, te behartig. Die toekenningsbedrag beloop €60,000.

Broodryk gaan sy navorsing in samewerking met spesialis-kollegas by die Ludwig Maximilian Universiteit van Munich behartig.

“Ek is vreeslik dankbaar en trots om die toekenning te ontvang. Dit skep 'n geleentheid om verdere navorsing rakende die Suid-Afrikaanse groepsgeding-meganisme te behartig en die belangrike rol wat dit speel om toegang tot geregtigheid te fasiliteer, spesifiek met betrekking tot verbruikersdispute. Die vergelykende perspektief mag voordelig wees vir doeleindes van die verdere ontwikkeling van die raamwerk waarbinne die Suid-Afrikaanse groepsgeding-meganisme funksioneer."

Broodryk is 'n toegelate prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, 'n Y1 NNS-gegradeerde navorser en die outeur van Eckard's Principles of Civil Procedure in the Magistrates' Court. Hy is 'n Senior Navorser aan die Ius Commune Navorsingskool in die program 'Foundations and Principles of Civil Procedure in Europe' en 'n Beaufort (Colenso) Genoot by St John's College, Cambridge.