Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voormalige Thuthuka student slaan toppos by WP Krieket los
Outeur: Mail & Guardian
Gepubliseer: 08/06/2020

Die artikel Former bursary student hits a six and lands top job at WPCA deur 'n verslaggewer van die Mail & Guardian is op 4 Junie 2020 in die Mail & Guardian gepubliseer.

  • ​Om die volledige artikel te lees, kliek hier.

Agtien jaar lank bemagtig die Thuthuka Beursfonds al Suid-Afrika se jeug uit voorheen benadeelde gemeenskappe met opvoedkundige ondersteuning ten einde rekeningkunde as 'n loopbaan te volg. Begunstigde Tennyson Botes (31) is 'n uitstekende voorbeeld van hoe doeltreffend hierdie inisiatief sedert sy ontstaan is. Botes is onlangs as tussentydse uitvoerende hoof van die Westelike Provinsie Krieketvereniging (WPKV) aangestel, en vertel hier van sy pad om een van Suid-Afrika se mees gesogte sakekwalifikasies agter sy naam te skryf — dié​ van Geoktrooieerde Rekenmeester Suid-Afrika [GR(SA)].

  • Foto (deur Mail & Guardian): Tennyson Botes het 'n Thuthuka-beurs ontvang en is nou 'n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester.