Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerstejaars Prestasietoekennings
Outeur: CTL/SOL
Gepubliseer: 22/05/2020

​First-year Achievement Awards / Eerstejaars Prestasietoekennings / Amabhaso eMpumelelo waBafundi boNyaka wokuQala ​


Top-presterende Eerstejaarstudente 2019

​​​Lauren Badenhorst
​Tara Grobbelaar
​Lizè Myburgh
​Karabo Bapela
​Jessica Hillier
​Julia Snyckers
​Rehab Botlholo
​Bradley Jacobs
​Wicus van der Linden
​Jason Brown
​Hans-Christoph Lange
​Suné van Dyk
​Tiaan Cilliers
​Peng-chen Liang
​Slade van Rooyen
​Pieter Conradie
​Danielle Louw
​Megan van Schalkwyk
​Christa-Mari de Lange
​Zoë McCathie
​Brendan Watling
​Tanitah Deyzel
​Ralph McDougall
​Matthew Wille
​Helette du Plessis
​Nur-Ayn Mohamed
​Jacques Wüst
​Jean Durand
​Petronè Moolman
​Suewellyn Zimmermann​
​Karli du Toit
​Thando Mtimkulu


Genomineerde Dosente 2019

​Alex Andrason
​Sonia Human
​Michael Schmeisser
​Léa Benabdelghaffar
​Doret Jordaan
​Debra Shepherd
Amy Daniels​​Herman Kamper
​Garrett Slattery
Andrew Fransman​​Erna Lampen
​JP Smit
​Jerome Fredericks
​Anieka Malan
​Sybil Smit
​James Gray
Sophie Marques​​Marie-Anne Staebler
​Helena Heath
​Jacques Masuret
​Hans Strijdom
​Debbie Horsten
​Eva Nel
​Modiehi Theletsane
​Karin-Therese Howell
​JC Rademeyer
​Hugo Touchette​


Die PPT van die aand is beskikbaar op die skakel:FYAA for students and lecturers 20 May 2020.pdf

Erkenning is op 20 Mei 2020 aan top-presterende eerstejaars van die 2019 akademiese jaar gegee tydens die jaarlikse Eerstejaars Prestasietoekenningsgeleentheid. As gevolg van die COVID-19 grendeltydperk het die geleentheid in die virtuele ruimte plaasgevind.

Prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor (Leer en Onderrig) was die gasheer vir die geleentheid en het die top-presterende eerstejaars van 2019 en die dosente wat deur hulle genomineer is as diegene wat 'n positiewe invloed op hulle leer as eerstejaars gehad het, hartlik verwelkom. Prof Schoonwinkel het ook die Dekane, Visedekane en ander personeel verwelkom tydens die aanlyn geleentheid. Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur van die Afdeling Leer- en Onderrigverryking, was die seremoniemeester en het die gewaardeerde gasspreker, Prof Thuli Madonsela voorgestel.

Prof Madonsela het woorde van wysheid vir studente, dosente en almal teenwoordig gespreek in die huidige moeilike situasie: “behou geloof soos 'n mosterdsaad". As 'n gesoute bergklimmer wat al Berg Kilimanjaro uitgeklim het, het Prof Madonsela ons huidige uitdagings vergelyk met die klim van 'n berg. Sy het ons herinner dat ons diep in onsself moet delf vir die uithouvermoë om die swaarkry te oorwin en ons doelwitte te bereik.​

Hierdie was 'n geleentheid ter viering van prestasie. Hoewel dit goed sou wees om te kon aantrek vir die geleentheid en “'n normale" geleentheid saaam met ons eweknieë en kollegas te geniet, is daar ook 'n positiewe kant aan die virtuele geleentheid. Familie en vriende van die genomineerde studente en dosente kon aansluit vir die feesvieringe deur saam op die skerm te kyk. Dit was 'n leergeleentheid waar ons innoverend met tegnologie kon omgaan alhoewel dit ons soms in die steek laat. Net soos 'n motor kan onklaar raak oppad na 'n geleentheid of die elektrisiteit onderbreek kan word gedurende aandete, kon on sook hierdie uitdagings oorkom deur saam te werk en mekaar te ondersteun.

Prof Madonsela het verder genoem dat die COVID-19 pandemie tans ons interaksies dikteer, maar sy het ons herinner dat ons die innerlike krag het om baie dinge te oorwin. Diegene teenwoordig is ook aangemoedig om die samelewing te verbeter, deur vir andere dinge te doen en aan te hou om intellektueel, emosioneel, spiritueel en sosiaal sterk te wees en te bly in ons pogings om 'n regverdige Suid Afrika vir almal te skep en sodoende uitdrukking te gee aan die waardes van ons Grondwet.