Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kersfees vreugde
Outeur: Christina Harvett
Gepubliseer: 10/12/2019

Die Universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) het die Siyanqoba dagsorg, wat geleë is in die hart van Kayamandi ​net buite Stellenbosch, in 2016 onder sy vlerk geneem. 

Die verhouding het oor die laaste drie jaar geweldig gegroei en die SLT het saam met die kinders jaarlikse gebeurtenisse soos Valentyns Dag partytjies, Mandela Dae en Kersfees partytjies gevier. 

Die dagsorg sorg​ vir ongeveer 55 kinders en hulle kry nie net maandelikse voorrade en skryfbehoeftes van SLT nie, maar hulle kry ook 'n dosis liefde en sorg van die hele span.

Carnival_3Dec2019_new logo on backpack.JPG

Om die dagsorg te help om hulle administrasie te formaliseer, het SLT Bedryfsbestuurder, Ms Zainab Suliman hulle gehelp met die ontwerp van 'n logo. Hierdie nuwe logo was aangebring op rugsakke, wat aan elke kind gegee is as 'n Kersfees geskenk.

Die Kersgety is gevier met 'n karnaval partytjie op 3 Desember 2019 op ʼn plaas net buitekant Stellenbosch. Die hele dagsorg se kinders en oppassers is bederf met gesigverf, ballondiere, 'n springkasteel en, natuurlik, 'n Kersvader wat geskenke uitgedeel het.