Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kampusgesondheidsdiens: Vakansie Werksure
Outeur: CHS
Gepubliseer: 29/11/2019

​Let asseblief op na die volgende vakansie werksure vir Kampusgesondheidsdiens (KGD) op die Stellenbosch en Tygerberg kampusse:

  • KGD Tygerberg: sal gesluit wees vanaf Vrydag 13 Desember 2019 om 16:00 en heropen op Maandag 6 Januarie 2020 om 08:00.
  • KGD Stellenbosch: sal gesluit wees vanaf Dinsdag 24 Desember 2019 om 12:45 en heropen op Donderdag 2 Januarie 2020 om 08:00.

Beplan asseblief vooruit aangaande enige voorgeskrewe herhaalvoorskrifte of enige nodige medikasie verkrygbaar van die Susters (soos voorbehoedmiddels).

Vir enige noodgeval, kontak asseblief ER24 by 010 205 3032.

Ons wens almal 'n veilige en gesonde vakansie en feesseisoen toe!