Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eskom dra by tot ekonomiese krisis in SA
Outeur: Prof Mark Swilling
Gepubliseer: 12/11/2019

​Die artikel How failing power utility is fuelling South Africa's economic crisis deur prof Mark Swillinguitgelese professor in Volhoubare Ontwikkeling by die Volhoubaarheidsinstituut aan die Universiteit Stellenbosch, is op 1 November 2019 deur The Conversation gepubliseer:


Suid-Afrika se kragnutsmaatskappy in staatsbesit, Eskom, is die grootste uitdaging wat die land in die gesig staar. Verbrou Eskom, en jy verbrou die land. En dit lyk of die belangrikste rolspelers juis dit doen.

Die afgelope twee weke sal onthou word as die begin van 'n katastrofale ekonomiese krisis wat veroorsaak is deur drie magtige mans wat in gebreke gebly het om genoeg tyd in 'n vertrek deur te bring om 'n omvattende oplossing te vind om die huidige krisis wat die maatskappy in die gesig staar om te sit in 'n grootse geleentheid vir Suid-Afrika se energie- en ekonomiese toekoms. En om finaal weg te breek van die land se verlede. Deur hul weiering om hul beleid en strategie met mekaar te belyn, sit die drie ministers – van energie, finansies en openbare ondernemings – 'n krisis aan die gang wat in die strate opgelos sal word.

  • ​Om die volledige, oorspronklike artikel te lees, kliek hier.