Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Placeholder
SUNLearn Opdatering 2020
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 06/11/2019
​SUNLearn Opgradering en Tema Verandering

SUNLearn, die Universiteit van Stellenbosch se Leerbestuurstelsel (LBS), is die kernplatform vir aanlyn leer, onderrig en assessering. Om te verseker dat die beste studente ervaring in die LBS moontlik gemaak kan word, is dit krities dat die gebruiker ervaring die die hoë kwaliteit en innoverende identiteit reflekteer wat die Universiteit van Stellenbosch poog om te lewer. Die huidige SUNLearn tema ontwerp is verouderd en het gelei tot versoenbaarheidprobleme gedurende die jaarlikse stelselopgraderings.

SUNLearn is aangepas om ’n geskikte netwerk-en-samewerkende leeromgewing te skep waarin dosente en studente met akademiese en ko-kurrikulêre inhoud kan saamwerk. Dit sal ’n verbeterde ervaring vir die gebruiker moontlik maak sonder om die huidige funksionaliteit te verloor. Die herontwerp van hierdie tema sal geen invloed hê op die vermoë van dosente om inhoud te deel, met studente te kommunikeer of leer te assesseer nie. Studente kan ook voortgaan met normale LBS-funksies. Die herontwerp sorg vir ’n skoner en meer moderne gevoel vir die LBS. Hierdie nuwe tema sal tydens die algemene aftyd geïnstalleer word, wanneer die Moodle sagteware ook van weergawe 3.5 na 3.7 opgegradeer sal word.

Sien asb hierdie video​ vir ’n oorsig van die nuwe tema se gevoel en uitleg vir fasiliteerders.

Beide die stelsel opgradering en tema installasie sal 13-17 Desember 2019 geskied. Sodra die tema geïnstalleer is, sal SUNLearn anders lyk, maar sal presies dieselfde funksioneer. Tydens die aftyd mag die stelsel beskikbaar raak, maar enige aktiwiteit gedurende hierdie periode word streng afgeraai.


In geval van enige vrae, kontak asb. die Leertegnologieë hulptoonbank by

https://learnhelp.sun.ac.za​
of skakel
021 808 2222