Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Topdosente 2019
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 22/10/2019

​Die name van die algehele wenners van die Fakulteit se 2019-topdosentkompetisie is by 'n glansgeleentheid Vrydagaand (18 Oktober) op die Beyerskloof-landgoed aangekondig. Die kompetisie, wat jaarliks deur Die Burger geborg word, is vanjaar vir die negende keer gehou. Lize-Marie Sahd en Sophia Brink, albei geoktrooieerde rekenmeesters van die Skool vir Rekeningkunde, het die voorgraadse en nagraadse kategorieë onderskeidelik gewen.

Vanjaar se kompetisie het 'n effens ander kleur gehad met voorgraadse en nagraadse studente wat afsonderlik vir hul onderskeie beste voorgraadse en beste nagraadse dosente gestem het.

Die beloning van topdosente was die inisiatief van mnr Koos Bekker van Naspers, wat bereid was om dit met behulp van ˈn borgskap te befonds. Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, die enigste van US se fakulteite wat die kompetisie aanbied, het die geleentheid aangegryp en in 2011 is die eerste topdosentkompetisie in die Fakulteit in samewerking met Die Burger gereёl.

Die top departementele voorgraadse dosente is:

  • Prof Edwin Theron (Ondernemingsbestuur),
  • Dr Debra Shepherd (Ekonomie),
  • Mnr Marius Meyer (Bedryfsielkunde),
  • Mnr Melrick October (Logistiek),
  • Mev Lize-Marie Sahd (Skool vir Rekeningkunde),
  • Dr Ruenda Loots (Skool vir Publieke Leierskap), en
  • Mnr Luca Steyn (Statistiek en Aktuariële Wetenskap).

Die top departementele nagraadse dosente is:

  • Prof Pierre Erasmus (Ondernemingsbestuur),
  • Dr Debra Shepherd  (Ekonomie),
  • Dr Samantha Adams & mnr Marius Meyer (Bedryfsielkunde),
  • Prof Leila Goedhals-Gerber (Logistiek),
  • Mev Sophia Brink (Skool vir Rekeningkunde),
  • Prof Willie Conradie (Statistiek en Aktuariële Wetenskap), en
  • Mev Sonja Cilliers (Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool).

Volgens prof Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, maak Die Burger dit vir die Fakulteit moontlik om erkenning aan uitnemendheid in onderrig te gee. “Ons is trots op dié kompetisie wat studentgesentreerd is.

“Uit studente se terugvoer is dit duidelik dat dieselfde 'ou' waardes steeds geld: dosente moet goed kan onderrig en moeilike konsepte goed kan verduidelik sodat hulle dit kan verstaan," voeg sy by.

Tien studente wat aan die stemmery deelgeneem het en wie se name in ˈn gelukstrekking getrek is, het kontantpryse van R1 500 elk ontvang. Hulle is: Caitlin Stanton; Phillip Falck; Sasha-Lee Gerber; Nyasha Mahurayi; Michaela Christophers; Sarah-Jane Wright; Caragh Groeneveld; Anél Swanepoel; Lené Koegelenberg en Kayla Matthews. Sasha-Lee Gerber, ˈn HonsBRek-student, het boonop ˈn Huawei-slimfoon by die pryswennersfunksie gewen.

  • Foto deur Anton Jordaan: Die top departementele voorgraadse en nagraadse dosente is (v.l.n.r.) Marius Meyer (Bedryfsielkunde - voorgraads en medewenner saam met dr Samantha Adams van die nagraadse afdeling), Prof Leila Goedhals-Gerber (Logistiek - nagraads), Dr Ruenda Loots (Skool vir Publieke Leierskap - voorgraads), Dr Debra Shepherd (Ekonomie - voor- en nagraads), Luca Steyn (Statistiek en Aktuariële Wetenskap - voorgraads), Lize-Marie Sahd (Skool vir Rekeningkunde - voorgraads), Sophia Brink (Skool vir Rekeningkunde - nagraads), Prof Willie Conradie (Statistiek en Aktuariële Wetenskap - nagraads), Prof Edwin Theron (Ondernemingsbestuur - voorgraads) en Melrick October (Logistiek - voorgraads).
    Afwesig: Prof Pierre Erasmus (Ondernemingsbestuur - nagraads); dr Samantha Adams (medewenner saam met Marius Meyer van die nagraadse afdeling van Bedryfsielkunde); en mev Sonja Cilliers (USB - nagraads).

  • Foto regs deur Anton Jordaan: Die Fakulteit se top voorgraadse dosent van 2019 is mev Lize-Marie Sahd (links) en die top nagraadse dosent is mev Sophia Brink.

Sahd&Brink_2019.jpg