Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Big Band-fees by Musiekdepartement gehou
Outeur: Music Department / Musiekdepartement
Gepubliseer: 29/08/2019

Van 4 tot 6 September bied die Suid-Afrikaanse Musieknavorsingsvereniging, SASRIM, ʼn werkswinkel vir die Big Band-genre aan by die Universiteit Stellenbosch (US), met opleiding in verwerking, komposisie, dirigering en uitvoering. Die personeel wat leiding sal gee, is Felicia Lesch, Amanda Tiffin en Natalie Rungan.

Die geleentheid val saam met die Musiekvereniging se jaarlikse kongres, wat die Musiekdepartement vanjaar aanbied. Lede van die publiek is welkom om die praatjies, demonstrasies, paneelsessies en uitvoerings by te woon. Meer inligting is beskikbaar by www.sasrim.ac.za.

Die hoogtepunt van die werkswinkel is die Big Band-konsert met die Universiteit se Jazz-ensemble en hulle gaste op Vrydag 6 September in die Endlersaal. Die program sluit eerste uitvoerings in van vyf werke wat spesiaal vir hierdie geleentheid geskryf is deur Claire Röntsch, Clara Marincowitz, Nicky Schrire, Haydon Harvey en Keith Moss. Die Lady Day Big Band van Kaapstad het ʼn spesiale gasoptrede by hierdie konsert.

Die gehoor kan uitsien na ou gunstelinge sowel as nuwe komposisies deur jonger opkomende komponiste, en uitgevoer deur ʼn dinamiese groep van Stellenbosch-studente en professionele musici. As egte en beste Suid-Afrikaanse jazz is hierdie ʼn geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting kontak Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.