Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Aansoeke sluit: 30 Junie
Outeur: Division for Student Access / Afdeling Studentetoegang
Gepubliseer: 20/06/2019

Voornemende Maties het net tot 30 Junie 2019 om aansoek te doen om aan die Universiteit Stellenbosch (US) te studeer. 30 Junie is ook die sperdatum om aansoek te doen vir verblyf in die US se koshuise.

Die US word gereeld as een van die top drie universiteite in Suid-Afrika beskou volgens verskeie internasionale universiteitsranglyste. Die Universiteit het ook een van die hoogste eerstejaardeurvloeikoerse in Suid-Afrika, met meer as 85% van ons studente wat jaarliks na hul tweede jaar van studie vorder.

“Ons is baie opgewonde oor die toename in die hoeveelheid aansoeke vir 2020, wat bewys dat die US ʼn voorkeur-universiteit vir baie is. Ons is egter besorg oor die meer as 8000 aansoeke wat nie oorweeg kan word nie omdat hulle onvolledig is," sê Dr. Celeste Nel, Direkteur: Sentrum vir Toelating en Koshuisplasings.

“Voornemende studente word versoek om hul aansoeke eerder vroeër as later in te dien, om hulself genoeg tyd te gun om die aansoek – wat insluit die oplaai van die noodsaaklike dokumente, en die aanbring van nodige veranderinge – te voltooi."

Nel noem dat die algemene redes vir ʼn onvolledige aansoek kan wees dat die student nie al die nodige dokumente opgelaai het nie. Volledige inligting hieroor is beskikbaar by www.maties.com.
Die algemene aansoek dokumente sluit die volgende in:
- Bewys van betaling (R100 nie-terugbetaalbare aansoekgeld)
- Ondertekende kontrak
- Finale graad 11-uitslae (tans in finale skooljaar) of Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) (voltooide finale skooljaar)

Dit is ook belangrik om daarop te let dat alle studente wat aansoek doen vir 'n program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en Fakulteit Regsgeleerdheid die Nasionale Normtoetse (NNT's) teen die einde van Junie op die laatste skryf. Hierdie NBT-resultate sal vir keuringsdoeleindes gebruik word.

Finansiële hulp
Aansoekers kan ook begin om vir finansiële hulp aansoek te doen. Hier is die sperdatum 31 Augustus 2019. Die Universiteit bestuur meer as 19 000 voor- en nagraadse beurse en lenings namens maatskappye, individue en instellings.

Hulp en bystand tydens aansoek

Aansoeke kan aanlyn gedoen word by www.maties.com.

Voornemende studente word uitgenooi om ons professionele en vriendelike konsultante te kontak deur ons of te skakel by 021 808 9111, e-pos te stuur na info@sun.ac.za of aanlyn te gesels by www.maties.com (kliek op die 'Let's Talk'-opsie).