Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ISOG-navorsingsartikel wen gesaghebbende sportwetenskap-toekenning
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 02/01/2019

Dr Pierre Viviers en sy kollegas van die Instituut vir Sport- en Oefeninggeneeskunde (ISOG) het die gesaghebbende David Sisk-toekenning vir die beste internasionale artikel gewen van die Amerikaanse Ortopediese Vereniging se amptelike joernaal.

Die artikel, getitel “The Diagnostic Utility of Computer-Assisted Auscultation for the Early Detection of Cardiac Murmurs of Structural Origin in the Periodic Health Evaluation", hou verband met ʼn rekenaaraangedrewe kliniese ouskultasie-toestel wat plaaslik ontwikkeld is. ʼn Ouskultasie-toestel is ʼn instrument wat mens in staat stel om na die liggaam se interne geluide te luister om sodoende die sirkulasie-, asemhaling- en die spysverteringstelsels te ondersoek.

Die T. David Sisk Navorsingstoekennings is in 2010 tot stand gebring om eerbewys te toon aan die beste artikels wat by Sports Health: A Multidisciplinary Approach ingedien is vir kliniese-, laboratorium- en internasionale navorsing. Die wenners ontvang elk ʼn kontantprys van $2,500 asook ʼn gedenkplaat.

Sisk is in 2009 oorlede en was ʼn sterk voorstaander van die multidissiplinêre benadering tot sportsgesondheid, en het ʼn nalatenskap van onderrig en samewerking. Hy het gedien as die voorsitter van die Amerikaanse Ortopediese Vereniging vir Sportgeneeskunde (AOSSM) se Mediese Publikasieraad van trustees ten tye van die ontwikkeling van die nuwe joernaal.

Tydens ʼn onderhoud het Viviers, wat aan die hoof staan van Kampusgesondheid by die Universiteit Stellenbosch en ʼn lid is van ISOG, gesê dat die artikel ʼn nuwe instrument aan sportgeneeskundiges bied wat kan help met besluitneming oor hartmurmeling by atlete.

“Dit is uitdagend om die aard van hartmurmelings te identifiseer tydens periodiese gesondheidsondersoeke van atlete omdat dit moeilik is om te bepaal of die murmelings ʼn fisiologiese- of strukturele oorsprong het. Rekenaar geassisteerde ouskultasie (RGO) het al voorheen belowende resultate gelewer met ondersteuning van gepaste verwysings in ʼn nie-atletiese pediatriese populasie. Ons hipotese was dat die RGO die vermoë het om akkurate hartmurmelings met ʼn strukturele oorsprong te bespeur tydens periodiese gesondheidsondersoeke by universiteitsatlete."

Die studie, wat op ʼn totaal van 131 universiteitsatlete uitgevoer is, het bevind dat die RGO moontlik die bespeuring van strukturele murmelings in atlete kan verbeter. Meer navorsing is egter nodig.

“Ons toekenning het as ʼn verrassing gekom. Ek het nie gedink ons sou wen nie," het hy gesê. “Dit is nogal moeilik om in te kom. Ons het baie koppe bymekaar gesit om die studieprotokol te ontwikkel – en ek kan ons sukses aan spanwerk toeskryf. Ons is baie bly dat ons projek op so ʼn betekenisvolle manier geëindig het."

Viviers het die toekenning gewen in sy ISOG-hoedanigheid en het saam my ISOG-kollegas, prof Wayne Derman, ISOG-direkteur; dr Joann Kirby, ʼn sportgeneeskundige by kampusgesondheid; en Jeandre Viljoen, ʼn fisioterapeut en MA-student by fisiologiese wetenskappe, gewerk.

“Die projek het begin toe ons in Innovus se maandelikse nuusbrief gelees het van ʼn tegnologie-maatskappy wat werk doen in biomediese ingenieurswese wat besig is om ʼn elektroniese stetoskoop te ontwikkel vir gebruik in landelike gebiede. Die idee was dat verpleegsters en dokters in daardie gebiede dit kon gebruik om strukturele hartpatologie, klepletsels en ander gevalle kon diagnoseer sodat hulle pasiënte verder kon verwys.

Ons het in verbinding getree met die projekbestuurder en besluit om aan die projek te begin werk.

“Wat my geïnteresseer het, is die feit dat ʼn mens gereeld murmelings optel by atlete weens fisiologiese veranderinge aan die hart tydens oefening, maar onderliggende toestande kan natuurlik ook murmelings veroorsaak. Dit is soms moeilik om te onderskei tussen normale nie-strukturele letsels in atlete, en daadwerklike probleme.

“Daarom het ek gedink daar mag dalk belangstelling wees daarin. Ons het ʼn navorsingsvoorstel geskryf en etiese goedkeuring gekry en ons navorsing begin doen op universiteitsatlete.

“Ons het ons lootsstudie van stapel gestuur terselfde tyd wat gesondheidsondersoeke op hoë-prestasie atlete gedoen word. Ons het ʼn lootsstudie gedoen en ons resultate gepubliseer."

Gevra wat die toekenning vir hom beteken, het Viviers gesê: “Dit beteken daar is beslis ʼn plek vir voordeelnemende sifting onder atlete. Ons stel voor dat verdere studies gedoen word op meer atlete. Ons glo dat hierdie toestel geneeskundiges sal bystaan in die evaluering en besluitneming wanneer murmelinge in atlete voorkom."

Onderskrif: Dr Pierre Viviers (middel) ontvan die David Sisk-toekenning vir die beste internasionale artikel van lede van die Amerikaanse Ortopediese Vereniging van Sportsgeneeskunde.