Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Friendship Bench moet MIV-positiewe Zimbabwiërs met posttraumatiese stres ondersteun
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie [Alec Basson]
Gepubliseer: 11/12/2018

Zimbabwiërs wat MIV-positief is, ly ook aan posttraumatiese stresversteuring (PTSV) dikwels as gevolg van die stigma wat hulle ervaar.  Hulle benodig toegewyde geestesgesondheidsdienste wat hulle kan help om die posttraumatiese stres te hanteer.

Dít is een van die bevindinge van 'n nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

“In Zimbabwe is het die term algemene geestesversteurings, wat depressie en angs insluit, tradisioneel nie op PTSV gefokus nie ten spyte van vroeëre studies wat daarop dui dat MIV-positiewe mense simptome van PTSV het," sê dr Ruth Verhey, 'n kliniese sielkunde-konsultant by die Friendship Bench-inisiatief in Zimbabwe. Verhey het Dinsdag (11 Desember 2018) haar doktorsgraad in Psigiatrie by die US se tweede gradeplegtigheidseremonie van Desember 2018 verwerf.

Verhey beklemtoon die voorkoms van PTSV onder MIV-positiewe mense in lae- en middel-inkomste lande soos Zimbabwe en Suid-Afrika, en sê die doel van haar doktorale studie was om vas te stel hoe die Friendship Bench-program in Zimbabwe verbeter kan word om die simptome van trauma aan te spreek.

“Baie min studies het gefokus op effektiewe behandelings vir PTSV in MIV-positiewe mense, ten spyte van die hoë voorkoms daarvan. In Zimbabwe word PTSV nie genoegsaam gediagnoseer omdat hulpbronne skaars is en dit nie as 'n groot openbare gesondheidsprobleem beskou word nie. Ook die Friendship Bench-inisiatief, wat al langer as 10 jaar aan die gang is, fokus net op die vermindering van depressie en angs."

Die Friendship Bench-inisiatief verskaf deur middel van gemeenskapsgesondheidswerkers (gemeenskapslede met taakverwante opleiding maar geen formele professionele kwalifikasies) 'n belangrike geestesgesondheidsdiens gegewe die min psigiaters in Zimbabwe. Dit is na meer as 70 primêre gesondheidsorgfasiliteite in die land uitgebrei.

Verhey sê sessies tussen gemeenskapsgesondheidswerkers en diegene met PTSV vind plaas op 'n bankie in 'n diskrete area op die kliniekperseel en maak voorsiening vir 'n aanvaarbare vlak van vertroulikheid.verhey.jpg

Sy voeg by dat haar studie vorige navorsing bevestig dat meer as 50% van die Friendship Bench se kliënte MIV-positiewe mense is.

“Dit beklemtoon die noodsaaklikheid om aspekte rondom die bestuur van PTSV deel te maak van sorgstrategieë vir algemene geestesversteurings wat deur gemeenskapsgesondheidswerkers toegepas word."

“Dit is belangrik om die omvang van depressie en angs in MIV-positiewe mense, die faktore wat met trauma en PTSV verband hou, en die ervarings van gemeenskapsgesondheidswerkers wat met hierdie mense werk te verstaan ten einde 'n strategie te ontwikkel wat die integrasie van die behandeling van PTSV binne die bestaande Friendship Bench-program moontlik sal maak."

As deel van haar studie het Verhey ʼn opname onder 204 volwasse pasiënte en 182 gemeenskapsgesondheidswerkers gedoen. Sy het ook onderhoude met 10 pasiënte en 5 gemeenskapsgesondheidswerkers gevoer. Van die 204 pasiënte wat aan die opname deelgeneem het, was 91 (44, 6%) MIV-positief.

“My studie het bevind dat 40,7% van die 204 pasiënte aan PTSV gelei het en 69,5% hiervan ook algemene geestesversteurings gehad het. Onder die wat MIV-positief was, het 42 (46,2%) aan PTSV gelei."

“Baie kliënte het die traumatiese effekte wat met hul MIV-infeksie verband hou beskryf. Sommige van die faktore sluit in fisiese siekte, huishoudelike geweld en die reaksie van die breër gemeenskap en familie op die simptome van die 'siekte'."

“Gekonfronteer deur talle sosio-ekonomiese uitdagings soos werkloosheid, 'n verswakkende gesondheidstelsel en 'n voortgesette MIV-epidemie wat deur uiterste stigma aangevuur word, voel MIV-positiewe Zimbabwiërs dat die trauma 'n voortdurende bedreiging vir hul voortbestaan is."

Verhey meen dit is belangrik vir 'n inisiatief soos die Friendship Bench om PTSV in MIV-positiewe mense aan te spreek omdat die gebrek aan selfversorging wat uit PTSV spruit daartoe kan lei dat hulle ophou om hul medisyne te gebruik wat insigself gevaarlik is, veral in gebiede waar dit moeilik is van antiretrovirale behandeling te verander.

Gemeenskapsgesondheidswerkers

Wat gemeenskapsgesondheidswerkers se kennis van PTSV betref, sê Verhey die onderhoude het getoon hulle het ʼn verstaan gehad van traumatiese ervarings as 'n 'onbekende' siekte wat verband hou met ʼn MIV-diagnose verband hou en as gevolg hiervan gestigmatiseer word. Sy voeg by dat hulle 'n duidelike begrip van traumatiese stressors gehad het en hoe dit 'n persoon beïnvloed.

“Hoewel gemeenskapsgesondheidswerkers by die Friendship Bench nie bewus was van PTSV soos dit  in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings beskryf word nie, kon hulle steeds besondere kenmerke soos vermyding, terugflitse, hiper-opgewektheid en negatiewe gedagtepatrone soos selfblaam erken."

“Met geen vooraf-kennis van PTSV het hulle hierdie verskynsel as 'kufungisisa kwenjodzi' (dink te veel weens trauma) beskryf. Deur die lens van 'kufungisisa kwenjodzi' het hulle daarin geslaag om hul kliënte se verslae van traumatiese ervarings ('njodzi') by die bestaande algemene geestesversteurings te voeg deur dit as 'n meer ernstige vorm van 'kufungisisa' (dink te veel) te behandel."

Verhey sê hoewel gemeenskapsgesondheidswerkers aan dieselfde stressors as hul kliënte soos armoede, MIV-infeksie en ander chroniese toestande, ʼn gebrek aan toegang tot mediese behandeling, verlies aan geliefdes, verskuiwing en geweld blootgestel is, was voorkoms van die PTSV onder hulle gering.

“Die voorkoms van PTSV was 6% onder die 182 gemeenskapsgesondheidswerkers en 11% van hulle was bo die afsnypunt vir algemene geestesversteurings."

Verhey sê gemeenskapsgesondheidswerkers behoort gereelde leiding, duidelike inligting oor verwysings, ondervraging, aanvaarbare vergoeding en deurlopende opleiding te ontvang om te verhoed dat hulle oorlaai word.

“Ons werk aan 'n voortgesette opvoedingsprogram wat hulle sal help om die simptome van PTSV te herken en daarop te fokus."

Verhey sê die bevindinge van haar studie is van toepassing op mense in soortgelyke omstandighede as dié in Zimbabwe. Sy voeg by dat die Friendship Bench-program na Malawi, Zanzibar/Tanzanië en New York uitgebrei is.

  • Hooffoto: ʼn Gemeenskapsgesondheidswerkers in gesprek met een van die Friendship Bencch se kliënte.
  • Foto 1: Dr Ruth Verhey saam met twee medewerkers.

SLEGS VIR MEDIANAVRAE

Dr Ruth Verhey

Friendship Bench

Harare, Zimbabwe

Sel: +263 773857376

E-pos: ruth.verhey@zol.co.zw

      UITGEREIK DEUR

Martin Viljoen

Bestuurder: Media

Korporatiewe Kommunikasie

Universiteit Stellenbosch

Tel: +27 (0) 21 808 4921

E-pos: viljoenm@sun.ac.za