Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verteenwoordig by bespreking met president
Outeur: Dr Nic Spaull
Gepubliseer: 04/12/2018

Dr Nic Spaull, senior navorser van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch het verlede week (Donderdag, 22 November 2018) in Sandton aan ʾn bespreking met president Cyril Ramaphosa deelgeneem. Hy het gepraat oor hoe uiters belangrik dit is om ons disfunksionele primêre onderwysstelsel reg te ruk.

Hy het onder meer opgemerk dat ons “primêre onderwysstelsel die struikelblok tot langtermyn- ekonomiese groei en gedeelde welvaart is."

Dr Spaull was een van 18 ekonome uit die akademie en die sakewêreld wat deur die presidensie genooi is om insette te lewer oor "Strategieë vir langtermyn welvaart: Wat sal dit verg om Suid-Afrika op ʾn beter groeitrajektorie te plaas?"

Sy bydrae tot die bespreking is hier beskikbaar.