Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Militêre Akademie op 11-dag uithouren vir liefdadigheid
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 20/11/2018

​As deel van die eerbetoon aan die voormalige president, mnr Nelson Mandela, en “Ma" Albertina Sisulu, wat beide vanjaar 'n eeu gelede gebore is, gaan die Militêre Akademie op Saldanha sy jaarlikse uithouwedren by Qunu, die nedersetting in die Oos-Kaap waarin Nelson Mandela grootgeword het, afskop.  

Die Militêre Akademie huisves die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Krygskunde.

Studente van die Militêre Akademie beplan, befonds en neem reeds vir meer as 30 jaar deel aan dié uithouren op see en land van die Oos-Kaap na Saldanha. Die doel is om geld in te samel vir die Militêre Akademie se MASIZA-uitreikprogram, terwyl die studente ook deelneem aan sosiale impak-projekte soos die skoonmaak van strate en buurte, skoolgeboue te verf en ouetehuise te besoek in die dorpe wat hul besoek.

Die MASIZA-program fokus vanjaar op meisies (die “Girl Child") en vroeë kinderontwikkeling. Studente het sanitêre produkte ingesamel en sal as deel van die reisprogram by sekere skole besoek aflê om dit uit te deel.

Tuma mina

Die tema van TRANS ENDURO 2018 is “Thuma mina" (Stuur my) – in respons op die beroep wat President Cyril Ramaphosa op Suid-Afrikaners in sy Staatsrede gedoen het om selfopofferend te gee.

“Die hele oefening word beplan en uitgevoer deur die Akademie se studente. Dit ontwikkel hul leierskapsvaardighede en verbreed hul verstaan van die praktiese aspekte van gemeenskapsdiens. In ruil leer die gemeenskap die hoë kaliber van jong manne en vroue ken wat in die land se verdediging diens doen," sê lt.kol Morné Booÿjens Hoof Militêre Instrukteur aan die Militêre Akademie wat as mentor vir die deelnemers optree.  

Nege spanne, waaronder ʼn land-, draf-, fietsry-, media-, sein- en seespan – reis oor ʼn periode van 11 dae van die Oos-Kaap na Saldanha en bly oor in dorpe al langs die roete.

Terwyl die fietsryspan die afstand per fiets aflê, reis die seespan al langs die kus met twee rubberbote, en die landspan ry met voertuie van dorp na dorp om geld in te samel en gereed te maak vir die ander spanne se aankoms. Die drafspan lê ʼn afstand van 10km elke dag af. By sekere punte ruil die spanne om.

Dit is ook tradisie dat die burgemeester van elke dorp 'n kort brief van welwillendheid skryf aan die burgemeester van die volgende dorp. Die brief word aan die wedrenleier gegee, wat dit dan aan die burgemeester van die volgende dorp oorhandig.

'n Kort openingseremonie wat in samewerking met die munisipaliteite waar aangedoen word, gereël is, vind elke oggend plaas. Dié seremonies vind by die volgende plekke plaas:  

 

NrDatumMunisipaliteitPlekBegintyd
01Di 27 Nov 18King Sabata Dalindyebo (Qunu)Nelson Mandela Museum (Qunu)07:30
02Wo 28 Nov 18Buffalo City (Oos-Londen)Orion Beach Resort; Esplanadestr08:00
03Vr 30 Nov 18.Nelson Mandelabaai (PE)Hobie-strand; Summerstrand07:30
04Sa 1 Des 18.Kouga (Jeffreysbaai)Hoofstrand; Diazweg07:30
05Ma 3 Des 18Bitou (Plettenbergbaai)Central Beach; Hopewoodweg07:30
06Di 4 Des 18GeorgeSt George Square; Knysnaweg07:30
07Wo 5 Des 18Hessequa (Stilbaai)Stilbaai-hawe; Hoofstraat07:30
08Do 6 Des 18Cape Agulhas (Struisbaai)Struisbaai-hawe; Haweweg07:30
09Vr 7 Des 18Overstrand (Hermanus)Nuwe hawe07:30
10Sa 8 Des 18Stad Kaapstad (Houtbaai)Slipway Old Harbour, Houtbaai07:30
11

AANKOMS

Sa 08 Des 18

Saldanhabaai Saldanhahawe, Hoofstraat14:00
  • Skakel met maj Herklaas Jantjies by sel 074 793 7740 vir meer inligting

 

MORE ABOUT EXERCISE TRANS ENDURO

Exercise Trans Enduro's existence can be traced back to approximately 33 years ago, when a group of Military Academy students organised an adventure race from Port Elizabeth to Saldanha. 

The Race was conducted through the use of 2 inflatable rubber ducks, and it roughly followed the route of the Trans Agulhas adventure race.

Through the years it changed and students used this opportunity to collect money along the route as part of the competition for the “Smoeg" trophy at Stellenbosch and all the money went to Maties Community Service.

A cycling component was introduced in 1998 that cycles the route along the N2.

The community services team was introduced in 2002 and the focus shifted from collecting money to doing community service along the road. The running team was introduced in 2014.

In 2018, as part of the centenary celebrations of the late President Nelson Mandela and Albertina Sisulu the starting point will be in Qunu, the birth place

 

​