Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eeufees Skoolhoofde Viering
Outeur: Centre for Student Recruitment and Career Advice / Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies
Gepubliseer: 08/03/2018

Teen die agtergrond van uitnemende prestasie en waardevolle lesse geleer uit ons komplekse geskiedenis, verteenwoordig die Eeufees met sy tema 100 jaar van leer, groei en saam vorentoe beweeg ʼn nuwe begin vir die US.

Op Saterdag, 3 Maart 2018, het die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) in vennootskap met die Ontwikkeling en Alumni Betrekkinge Kantoor , gasheer gespeel vir Wes-Kaapse skoolhoofde van strategies geïdentifiseerde top-voederskole vir 'n ontbyt by STIAS. Die oggend het geleentheid gebied vir die Universiteit om die belangrike rol wat skole speel in die lewering van uitsonderlike akademiese talent vir toelating tot voorgraadse programme aan die Universiteit, te erken.

Prof de Villiers, Rektor en Visekanselier, het die skole se bydrae in die bereiking van die universiteit se doelwitte in die verlede; hede; sowel as in die toekoms erken en die belangrikheid van die bevordering van hierdie vennootskappe, soos ons saambou aan die Volgende 100, beklemtoon.

“Geleenthede soos hierdie bied platforms waar ons wedersyds voordelige verhoudings kan vestig, instandhou en bevorder," sê Leon van den Heever, Direkteur: Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW). Die SSW wil erkenning gee aan visioenêre skoolhoofde en passievolle opvoeders. “Ons besef dat ons mekaar nodig het as ons die stelsel op 'n sinvolle manier wil impakteer".