Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US stel Afrikasentrum vir Akademieskap bekend
Outeur: Asiphe Nombewu and Rozanne Engel/ Corporate Communication
Gepubliseer: 24/11/2017

Die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag (24 November 2017) die Afrikasentrum vir Akademieskap tydens die vieringe van Afrika Universiteite Dag bekendgestel. As deel van die bekendstelling is drie beurse ter waarde van R30 000 elk aan nagraadse studente van Nigerië, Zimbabwe en Lesotho, toegeken.

Hierdie beurse was deur prof Hester Klopper, die Viserektor van Strategie en Internasionalisering aan die US, oorhandig. Prof Klopper is onlangs verkies tot die Raad van die Consortium Universities for Global Health in die VSA. Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie prestasie behaal het.

Die doel van die Afrikasentrum vir Akademieskap is om wetenskap in Afrika te ontwikkel en uit te brei en nie net tot bestaande US-kampusinisiatiewe te beperk nie.

Die gasspreker by die geleentheid was prof Jonathan Jansen, uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die US. Jansen is die voormalige Rektor en Visekanselier van Universiteit van die Vrystaat.

In sy toespraak, het Jansen die rol van 'n sosiale wetenskaplike beklemtoon, en gesê:"'n Sosiale wetenskaplike behoort konsepte op die kampus te ondersoek en met sy of haar gemeenskap, navorsers moet dinge bevraagteken."

Prof Jansen se toespraak het ook klem gelê op onderwerpe soos dekolonisasie, die onderwysstelsel en die studente-protes oor universiteitsgelde, toegang en inklusiwiteit. Dit is gevolg deur 'n paneelbespreking en vrae uit die gehoor.

Mnr. Robert Kotze, Direkteur: US Internasionaal Kantoor, het die verrigtinge afgesluit deur die onderwerpe en vrae wat tydens die besprekings gestel is, saam te vat.