Die Suid-Afrikaanse Universiteitspersoneel Netwerk vir Transformasie - South African Universities Staff Network for Transformation (SAUSNeT) – is op 20 November 2016 tot stand gebring in reaksie tot die voortslepende krisis in die Hoër Onderwyssektor. Dit poog om die stemme van akademici en steunpersoneel in te sluit by samesprekings om transformasie en regverdige oplossings te bewerkstellig. SAUSNet is daartoe verbind om 'n 21ste eeuse Hoër Onderwyssektor, wat die uitdagings in die samelewing aanspreek, te herbedink. Alle Stellenbosch Universiteitspersoneel word uitgenooi om deel te neem aan die gesprek oor hoe hierdie netwerk transformasie by universiteite regoor Suid-Afrika kan beïnvloed.
Sprekers:
Professor in Openbare Beleid, Greg Ruiters (Universiteit van die Wes-Kaap) – What is SAUSNet: Inspiring Networks for Change.
Prokureur Jan Theron – Responses to Student Protest
Datum: 1 Maart 2017
Tyd: 13:00 – 13:45
Plek: Kamer 1001, Wilcocks-gebou, Universiteit Stellenbosch
RSVP: mjj@sun.ac.za