Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Adam Habib gasspreker by beraad oor studentesake
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 27/10/2016

​Adam Habib, voorsitter van Universiteite Suid-Afrika (USAf) en Visekanselier van die Universiteit Witwatersrand, was die gasspreker by die opening van die derde Global Summit on Student Affairs and Services, by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) in Stellenbosch op Donderdag (27 Oktober). 

(Volledige Afrikaans volg binnekort) 

SLP-Habib_1.jpg

Adam Habib spreek die gehoor aan. Fotografie: Silver Line Photography.

 "Ons lewe tans in 'n historiese tyd, waar die onderwyssisteem wêreldwyd enorme mag het. Maar terselftertyd ervaar dit baie uitdagings," sê Habib. "Daar word dikwels gesê dat ons nie as 'n menslike spesie in die 21ste eeu sal oorleef as ons nie op 'n globale en akademiese vlak bymekaar kom nie. Al ons uitdagings – ongelykheid, terrorisme, openbare gesondheid, klimaatsverandering – raak ons almal, en benodig multinasionale taakspanne wat kan saamwerk om die uitdagings aan te pak."

Kyk na die hoogtepunte van die beraad hier:

 


Verteenwoordigers van 19 lande, wat werksaam is in die veld studentesake- en dienste, vergader die week in  Stellenbosch om die tweejaarlikse 'Global Summit on Student Affairs and Services' by te woon.

Die beraad bring leiers in studentesake- en dienste van regoor die wêreld bymekaar, om in gesprek te tree rondom kritiese kwessies in die veld. Dit is die derde geleentheid van sy soort. Die eerste geleentheid is in 2012 in Washington gehou en die tweede in 2014 in Rome.

Habib het oor die #FeesMustFall-beweging en die relevansie daarvan op 'n globale vlak gereflekteer.

"Ons ervaar tans baie studentebetogings, en ek wil hieroor nadink. Jy mag dalk vra, hoekom bespreek ek 'n Suid-Afrikaanse kwessie by 'n globale beraad? My antwoord is dat Suid-Afrika 'n mikrokosmos van ons wêreld is," het hy gesê.

"Dit is 'n skerp manifestasie van die uitdagings wat ons almal konfronteer, en 'n vooruitsig vir wat almal gaan teëkom in die jare vorentoe. Dink net aan die sosiale beweging 'Black Lives Matter'. Dink aan die probleem van $1.3 triljoen universiteit-skuld in Amerika alleen. Dieselfde is waar in Europa, Asië, die Midde-Ooste en Latyns-Amerika. Konflik tussen die generasies is besig om uit te speel, meestal op die kampusse van universiteite.

"Laat ek dit net duidelik maak dat ek dink die studente se stryd is edel," het hy bygevoeg. "Ek is al vir 20 jaar 'n politiese wetenskaplike, en het 'n sosiale ontploffing voorspel. Soveel as wat ek dink dat die 'struggles' edel en belangrik is, dink ek ons moet ernstige vrae vra oor die taktieke van die beweging. Terwyl daar meriete is in die doeleindes van #FeesMustFall, moet jy die politieke integriteit hê om dit uit te daag wanneer die taktieke nie sal bydra tot die verwesenliking van die 'struggle' nie.

Hy het afgesluit deur die pad vorentoe te oorweeg vir studentesake-praktisyns.

"As jy werklik internasionalisering wil hê wat verbind is tot sosiale gelykheid en inklusiwiteit, benodig jy studente en navorsers regoor die wêreld wat saamstaan, wat gesamentlik onderneem om navorsing te doen en ander op te voed. As ons 'n globale akademie van universiteitsgeleerdes en studente wil vorm, wat saamkom en sê 'ons het 'n gemeenskaplike gemeenskap wat oor ons institusionele grense heen strek', kan jy die fondasies van 'n globale burgerskap lê.

"In 'n universiteit leer jy net  soveel buite die klaskamer as daarbinne," sê hy. "Jy leer die beginsels van sosiale geregtigheid en solidariteit, en hoe om 'n burger van jou nasie en die wêreld te wees. Julle sal aan die voorpunt van hierdie kwessies wees. Julle besoek tans 'n land wat vir die wêreld Nelson Mandela, die ikoon van vrede opgelewer het. As julle hulde aan hom wil bring, neem die roeping van sy lewe ernstig op: begin die fondasie lê vir 'n globale burgerskap. Dit is slegs deur 'n burger van jou nasie en 'n burger van die wêreld te wees dat ons as 'n menslike spesie sal oorleef in die 21ste eeu. En op ons kampusse sal jy op die voorpunt van die struggle wees."

Lees Habib se volle toespraak hier.

Die afgevaardigdes sal aanhou worstel met die program se tema – die 'UNESCO Operational Strategy on Youth (Medium Strategy 2014-2021 with focus on Access and Gender)' – op Vrydag (28 Oktober).

Meer as 50 denkleiers in die hoëronderwys van verskeie lande, streke en kontinente sal aan die geleentheid deelneem.

Behalwe vir verteenwoordigers van NASPA en IASAS, mr Yousaf Gabru, voorsitter van Suid-Afrikaanse Nasionale Kommissie vir UNESCO, en die wat onder andere die European Council on Student Affairs verteenwoordig, sal die Southern African Federation for Student Affairs en die Academic Association of Student Affairs (USA) ook verteenwoordig wees.

Ingesluit in die program is 'n studentepaneel wat bestaan uit ses studente wat hul ervarings van hoe studentesake 'n impak op hul lewens en studies gehad het, en hoe studentesake hul in staat stel om die waardes van menseregte, gelykheid en geregtigheid te bevorder, sal deel.