Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM besoek PPC De Hoek Fabriek
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 08/03/2016

​UCM lid, Riaan Combrinck, en 10 voorgraadse Siviele Ingenieurs studente van Stellenbosch Universiteit het industrie vernoot PPC se De Hoek sement fabriek naby Piketberg besoek. Die besoek het afgeskop met ʼn aanbieding oor die agtergrond van PPC sowel as die De Hoek fabriek. Dit was gevolg deur ʼn 3 ure begeleide toer van die fabriek wat die kalksteen myn area ingesluit het sowel as die produksie, stoor, verpakking, verkope en laboratorium areas. Die toer het geëindig met ʼn smullekker middagete voor daar teruggekeer is na Stellenbosch. ʼn Groot dankie aan PPC De Hoek vir hul besondere gasvryheid en die skep van ʼn ontvergeetlike besoek.